Weg!

Tem die dorsbult

CAMELBAK CHASE

In 1989 was Michael Eidson, ’n jong Amerikaanse mediese tegnikus, op die punt om weg te spring op die Hotter’N Hell 100, ’n moordende fietswedren in Texas, VSA.

Waterpunte was skaars, en Eidson het inderhaas ’n binneaarse voedingsak met water volgemaak, dit in ’n sokkie gedruk en die hele spul agter by sy fietshemp ingestop. Hy’t ’n wasgoedpennetjie gebruik om die rubberbuis toe te klamp en siedaar... die moderne watersak is gebore.

Eidson het daarna CamelBak gestig, ’n maatskappy wat vandag bekend is vir sy watersakke. Genadiglik is die Chase ver verwyder van die oorspronklike binneaarse voedingsak! Hierdie is ’n liggewig harnas wat van maasstof gemaak word en dus maklik “asemhaal”. Jy dra

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg2 min read
Ontdek Die Verste Uithoeke Van Namibië
In Namibië voel dit dikwels asof jy die eerste mens is wat deur ’n landskap reis; verplaas na ’n ander, ongerepte era. As dit nog altyd op jou wenslys was om dié verafgeleë dele van ons buurland te ontdek is dié Kunenestreekfotografietoer vir jou. Do
Weg3 min read
Só Werk Die Gids
Dié tariewe is tans: Vir SAOG-lede: R100 p.p., R50 per kind jonger as 16 jaar en vanaf R50 per voertuig in die |Ai|Ais-, Etosha-, Namib-Naukluft-, Dorob-, Waterbergplato- en Skedelkus- nasionale park, Sperrgebiet en die Kaap Kruis-reservaat. Vir die