Avontuur Afrika

Ma & dogter op ‘n missie

Dis ‘n tipiese winderige dag toe ons op ‘n Vrydagoggend in Kaapstad land vir ons “Mommy & Me” verkenningstog. Die opgewondenheid op Sabria se gesig was ‘n vreugde om te aanskou – uiteindelik gaan sy ook nou hierdie fassinerende deel van die wêreld, waarvan ons haar nog net vertel het, self beleef.

Ons opgewondenheid het gegroei toe ons ons ryding vir die ekskursie optel – ‘n splinternuwe, helderblou Suzuki S-Presso. Die handelsmerk noem dit hul “baba-sportnutsvoertuig” en dit was die perfekte voertuig om in die Moederstad en omgewing rond te rits. In ‘n japtrap was al ons bagasie in die bagasiebak (wat bedrieglik klein lyk, maar 270 liter kan dra) gelaai en ons kon al die ander luukshede – insluitend ‘n trukamera vir al die moeilike parkeerplekke in Kaapstad – waardeer. Sjoe, het ons nou bederf gevoel!

Ons eerste bewaringsbesoek was aan die Southern African Foundation for the Conservation of Coastal Birds (SANCCOB) in Table View. Toe ons uit ons blou karretjie klim, is ons amper deur die sterk winde waarvoor hierdie deel van die stad bekend is, meegesleur. Ek was verbaas, aangesien ek glad nie die sterk wind in die voertuig gevoel nie – hierdie outjie klou soos ‘n neet op die pad!

Ons word deur SANCCOB se kommunikasiebeampte, Ronnis Daniels, verwelkom. Sy gee vir ons spesiale toestemming gegee om ‘n paar agter-die-skerms aktiwiteite dop te hou om ‘n paar videogrepe vir Sabria se Cheetah Cubs Facebook-blad te skiet. Alhoewel pikkewyne hul kernbewaringsoogpunt is, het ander seevoëls ook hul weg hierheen gevind. Sommige sal nooit weer in, hierdie outjies deur die bemanning van groot skepe in die Arktiese gebied opgetel is, net om in ‘n ander oseaan weggegooi te word wanneer hul oulikheid afgeneem het – om nooit weer hul pad terug huis toe te vind nie. Gelukkig is meeste van die ander seevoëls by SANCCOB nie permanent hier nie. Hulle sal binnekort weer in die natuur vrygelaat word en die personeel en vrywilligers werk 24 uur per dag om juis dít te laat gebeur.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika1 min read
TEKEN IN & WEN
‘n Toer saam met Ultimate Adventures na die Richtersveld Nasionale Park in die Noord-Kaap, met die laaste nag by die Augrabieswaterval Nasionale Park. Geleë in Suid-Afrika se noordelike Namakwaland, is die Richtersveld ‘n bergagtige woestynlandskap w
Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens
Avontuur Afrika3 min read
‘N Ougat Huisie Op Wiele
Die Suzuki Eeco is in 2023 op die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel en dit was ‘n onmiddellike gunsteling by besighede wat na ‘n klein karweiertjie en daaglikse ryding op soek was. Die manne by Suzuki SA het egter met die blink gedagte vorendag geko

Related