Avontuur Afrika

Toekomstige Ford-modelle onthul

Almal se Everest

Soortgelyk aan die ontwikkeling van die volgende generasie Ford Ranger, was klante se insette sentraal tot die ontwikkeling van die bakkie se SNV-boetie, die Everest. Dit lyk beslis sportiewer en heelwat aantrekliker, maar spesiale sorg is ook geneem om ‘n veilige en gerieflike binneruim vir beide bestuurder en passasiers te verseker.

Robuust, dog verfyn

Ford se globale ontwerp-DNS word in die C-vormige hoofligte gesien en ‘n horisontale voorste sierrooster gee die nuweling ‘n meer progressiewe en uiters aanvallige voorkoms. Boonop het die breër spoorwydte ‘n meer dramatiese boog oor die wiele tot gevolg, wat ‘n selfs sterker SNV-profiel skep.

‘n Luukse kajuit met sagte materiale, premium afwerkings en sagte, dog effektiewe beligting, tesame met dramaties verminderde geraas-en vibrasievlakke, onderskei hierdie gewilde sportnutsvoertuig van sy bakkie eweknie. Die hoë spesifikasie modelle is toegerus met geïntegreerde draadlose selfoonlaaiers, ‘n nuwe leer afgewerk e-Shifter en ‘n elektriese parkeerrem. Afhangende van die variant, is daar verhitte en geventileerde 10-rigting verstelbare sitplekke beskikbaar vir die bestuurder.

Toegang tot die derde ry sitplekke is baie makliker danksy die tweede ry sitplekke

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika4 min read
Nou Met Meer…
Die legendariese Toyota Land Cruiser 70 is die eerste keer in 1984 in Japan bekendgestel en vier vanjaar sy 40ste herdenking. Dis amper ongelooflik om te dink dat meer as 10 000 000 eenhede sedertdien wêreldwyd verkoop is. Dit is ‘n verstommende 250
Avontuur Afrika1 min read
TEKEN IN & WEN
‘n Toer saam met Ultimate Adventures na die Richtersveld Nasionale Park in die Noord-Kaap, met die laaste nag by die Augrabieswaterval Nasionale Park. Geleë in Suid-Afrika se noordelike Namakwaland, is die Richtersveld ‘n bergagtige woestynlandskap w
Avontuur Afrika3 min read
‘N Ougat Huisie Op Wiele
Die Suzuki Eeco is in 2023 op die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel en dit was ‘n onmiddellike gunsteling by besighede wat na ‘n klein karweiertjie en daaglikse ryding op soek was. Die manne by Suzuki SA het egter met die blink gedagte vorendag geko