Avontuur Afrika

Sorento reis na die Punt van Afrika

Enige ontvlugting uit die betonoerwoud is altyd ‘n lekkerte en om in ‘n luukse sportnutsvoertuig (SNV) die pad te vat om die suidpunt van Afrika te verken, terwyl ons in luukse lodges en hotelle bly, voel amper onwerklik. Ons het ‘n propvol reisplan saam met Cape Country Routes – wat ‘n landwye verskeidenheid verblyfopsies en aktiwiteite bemark – uitgewerk en was opgewonde om Kia se splinternuwe vlagskip SNV, die Sorento SXL, se bene te rek tydens hierdie vier-dag lange uitstappie.

Ek gaan met die deur in die huis val en bieg: kampeer-en 4x4-avonture is veel eerder my keuse vir vakansies so hierdie luukse avontuur was redelik ver uit my gemaksone. Ek het egter geen probleem gehad om die Prof (soos my lewensmaat bekendstaan) te oorreed om saam te kom vir die reis nie. Al wat nodig was, was ‘n paar sleutelwoorde: verfrissende kouewaterswem, viersterverblyf en ‘n motor met lugversorging.

Dit is perfekte warm en windstil laatsomer dag toe ons vroegoggend op die N2 klim en die lang pad vat. Ons is van die eerstes vir ‘n heerlike koffie en wildspastei by die gewilde Peregrine Padstal, wat nou al ‘n tradisie op ons reise geword het. Die Sorento was ‘n absolute bederf. Dit is ‘n groot motor wat sy gewig goed dra, en die nuwe 2.2-liter CRDi-diesel slaan ver bo sy kubieke kapasiteit. Die enjin is gekoppel aan ‘n nuwe agtgang dubbelkoppelaar ratkas en die ratwisseling is amper onmerkbaar, selfs wanneer dit ‘n paar ratte afskop om verby te steek. Dit is ‘n heerlik ontspanne rit in wat soos ‘n geïsoleerde kapsule van luuksheid voel en ons vlieg deur Sir Lowry’s pas sonder veel bakrol. Al waarop ek moet fokus is om binne die spoedgrens te bly, maar daarvoor kan ek natuurlik ook die aanpasbare spoedbeheer inspan.

Ons skiet verby die afdraai na Hermanus en draai regs by Caledon op die R316, ‘n lekker lang uitgestrekte pad wat deur die bekende Overbergse koringlande loop en dan ‘n draai deur Napier gooi, tot in die landboukern van Bredasdorp loop. Ek kan nie die brandstofverbruikmonitor glo nie. Ek ry weliswaar redelik stadig en ontspanne en die voertuig is glad nie swaar gelaai nie, maar die digitale brandstofvebruikmonitor bly tussen 7.2 en 7.4 liter/100km. Dit is merkwaardig vir ‘n groot sewesitplek voertuig met vierwielaandrywing, ongeag hoe jy bestuur.

Die afwerkings op hierdie Kia is effe aan die blink kant vir my smaak, met al chroom-, klavierswart en diamant-tekstuur plastiekoppervlaktes, maar ek glo dat die oorgrote meerderheid van die klante dit sal waardeer. Daar is puik standaardfunksies-en kenmerke, wat hierdie ‘n ideale gesinsvoertuig maak – dinge soos die kop-op-skerm wat altyd sigbaar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika1 min read
TEKEN IN & WEN
‘n Toer saam met Ultimate Adventures na die Richtersveld Nasionale Park in die Noord-Kaap, met die laaste nag by die Augrabieswaterval Nasionale Park. Geleë in Suid-Afrika se noordelike Namakwaland, is die Richtersveld ‘n bergagtige woestynlandskap w
Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens
Avontuur Afrika3 min read
‘N Ougat Huisie Op Wiele
Die Suzuki Eeco is in 2023 op die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel en dit was ‘n onmiddellike gunsteling by besighede wat na ‘n klein karweiertjie en daaglikse ryding op soek was. Die manne by Suzuki SA het egter met die blink gedagte vorendag geko

Related