Avontuur Afrika

Oorspronklik vs Omgebou: die debat duur voort

Jy het sopas jou nuwe Jimny gekoop en moet besluit of jy dit standaard gaan laat óf die vermoë wil verbeter deur ‘n paar modifikasies aan te bring. Nadat ons met ‘n paar entoesiaste gesels het, was ons oortuig dat die modifikasies nie net daar is om cool te lyk nie, maar meestal weldeurdag is om veral die veldryvermoë te verbeter.

Die vervaardigers verkies uiteraard dat eienaars hul voertuie so standaard as moontlik hou, omdat hulle van mening is dat die modifikasies nie addisionele vermoëns byvoeg nie en natuurlik is daar die netelige kwessie van waarborgimplikasies. Hul siening is dat ‘n standaardvoertuig die meeste uitdagings of struikelblokke wat jy in die veld of op jou landreise sal teekom, met gemak sal kan hanteer. Om hierdie teorie te toets, het ons koers gekies na Bass Lake naby Meyerton om ‘n standaard Jimny teen ‘n omgeboude Jimny te laat kompeteer oor ‘n paar grondpad-en veldry-uitdagings.

Die standaard Jimny word daagliks deur Alan Pepper gebruik om 4x4-opleiding aan nuwe Suzuki Jimny eienaars by die Basslake 4x4-roete te verskaf en het geen aanpassings nie. Hy het wel ‘n stel Dunlop Grandtrek alle-terrein bande in dieselfde grootte as die standaardvoertuie (wat taamlik smal teen 195/80 R15 is) aangebring.

Die opgeboude mededinger word deur

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika1 min read
TEKEN IN & WEN
‘n Toer saam met Ultimate Adventures na die Richtersveld Nasionale Park in die Noord-Kaap, met die laaste nag by die Augrabieswaterval Nasionale Park. Geleë in Suid-Afrika se noordelike Namakwaland, is die Richtersveld ‘n bergagtige woestynlandskap w
Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens
Avontuur Afrika3 min read
‘N Ougat Huisie Op Wiele
Die Suzuki Eeco is in 2023 op die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel en dit was ‘n onmiddellike gunsteling by besighede wat na ‘n klein karweiertjie en daaglikse ryding op soek was. Die manne by Suzuki SA het egter met die blink gedagte vorendag geko