Huisgenoot

OORLOG OM DIE PARFUMEUR

‘HY HET ALLES GEDOEN OM VAN MY ONTSLAE TE RAAK’

DIE uitsig vanuit Jean-Paul Guerlain se kombuis is idillies. Deur ’n groot venster kan ’n mens kyk hoe die perde in die winterson in die oorkantse veldjie wei.

Perde is ’n lewenslange liefde van die 85-jarige wat die laaste familiehoof is van Guerlain, ’n Franse parfuum-, skoonheidsmiddel- en velsorghuis wat in 1828 gestig is, vandag een van die oudstes ter wêreld is en steeds floreer as deel van die luukse LVMH-skoonheidsryk.

Jean-Paul, die persoon wat die ikoniese geure Chamade, Jardins de Bagatelle, Samsara en Habit Rouge ontwikkel het, was ook in die 1970’s ’n internasionale dressuurmededinger. La Vallée, sy spoggerige maar vervalle landgoed by Les Mesnuls, is vol perdeherinneringe.

’n Elegante perderuiter, Christina Kragh Michelsen, Jean-Paul se metgesel van meer as 15 jaar, is oral op skilderye en foto’s te sien.

Die vreedsame toneel by La Vallée is egter misleidend; die Deens gebore Christina is in die middel van ’n bitter vete wat haar teen Stéphane, die parfumeur se enigste seun, te staan laat kom.

Ek is by die groot 19de-eeuse geboue in die Anglo-Normandiese styl om haar storie te hoor.

Christina, in ’n perdry- uitrusting, groet my opgewek in Engels en wys my rond op die vervalle terrein nadat ons gekyk het hoe Jean-Paul per motor na sy doktersafspraak weggebring word.

Ná ’n dosyn hofsake oor byna ’n dekade is

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Nuwe Gesiggies In Mr. Men-land
HOE lyk ’n kielie? Watter klere dra ’n skok? Hoe praat ’n kopstamp? Dis vrae wat enige ouer sou laat kopkrap. “Pa, hoe lyk ’n kielie?” was presies die uitdaging wat Roger Hargreaves se seun Adam hom in 1971 as agtjarige by die ontbyttafel gestel het.
Huisgenoot9 min read
Twee Bondels Vreugde, Jakkals En Wolf
’N MENS ken hom as ’n wêreldreisiger wat nie maklik vir ’n nuwe uitdaging terugdeins nie – of dit nou is om met ’n stapstok in die hand, laphoed op die kop en rugsak die Camino de Santiago-pelgrimstog in Spanje aan te durf, deur Frankryk se bergpasse
Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Sit jy? Dis dalk beter so. Want die volgende mag kom as ’n skok. Waar kry Holland sy naam vandaan? Ons weet die Lae Lande lê nie hoog nie, en die woord “Nederland” lyk ook vir ons onder die hand liggend: Holland is tog sekerlik net ’n land wat ’n hol

Related