![sariekosza2204_article_020_01_01](https://article-imgs.scribdassets.com/8k3g022vwgaleizl/images/fileH3HCH6PH.jpg)
Toe ek 16 jaar gelede by die ICA op Stellenbosch begin studeer het, kon ek net droom oor ’n kosloopbaan soos myne. My belofte aan myself is om altyd terug te ploeg sodat ons nuwe talent kan laat blom. Ons vier ons 70ste uitgawe saam met Letitia Prinsloo, hoof van die sjefskool, terwyl ek tafel dek en die studente kook
![sariekosza2204_article_020_01_02](https://article-imgs.scribdassets.com/8k3g022vwgaleizl/images/file2NCU4RQK.jpg)
WENKE OM ’N feestafel TE DEK
![sariekosza2204_article_020_01_03](https://article-imgs.scribdassets.com/8k3g022vwgaleizl/images/fileL8ODHIK1.jpg)
Skeur growwe linne in smal stroke – dit kan maar rof en onperfek wees – en bind om die borde. Dit gee ekstra tekstuur en laat gaste voel asof hulle ’n geskenk oopmaak.
Meng en pas verskillende teksture. Gedroogde blomme en vars tuinrose wat amper oopval, sorg vir mooi kombinasies.
Al is hierdie ’n spyskaart vir ’n braai, kan jy steeds moeite met jou tafel doen. Elke ete is ’n rede om fees te vier, dek dus met detail en styl.
Speel met tekstuur. Kombineer byvoorbeeld ou, onperfekte stoele met ’n netjiese tafel sonder enige tekstuur.