Huisgenoot

MY VERNEDER EN VERNIETIG

SIEN jy hom hier voor jou, verklap net mooi niks iets van die verwoede storms wat hy in die laaste weke moes trotseer nie. Daar’s geen tekens van die afgelope tyd se angsnagte nie – nie eens die geringste aanduiding dat hy al weke lank ontroosbaar huil nie

Trouens, hier waar die gewilde Glam Guru nou in ’n gemaklike kantoorstoel gaan sit, lyk alles nog nes dit altyd het: Sy kraakwit knopieshemp het nie ’n enkele kreukel in nie, sy donker hare is perfek gestileer, sy vel is vlekkeloos. Maar ’n volmaakte voorkoms kan baie seer versteek.

Vra maar vir Hannon Bothma; hy weet tog hoe om ’n voorkoms te timmer tot dit hartseer verbloem – dit was net nog nooit tevore sy eie nie. “Ek wou nie hê mense moes van my pyn weet nie,” sê Hannon, en hy glimlag nou vir die eerste keer wrang. “Ek het die angs waardeur ek die afgelope ruk is, probeer wegsteek. As ’n mens beter lyk, voel jy beter.”

‘EK HET HOM GEKONFRONTEER EN HY’T OOR DIE MAN IN ONS HUIS GEBIEG. EK WAS STUKKEND. EK HET IN MY LEWE NOG NOOIT VIR ’N ANDER MAN GEKYK NIE’

Dis meestal waar, maar nie vandag nie. Veral nie vir hom nie. Die waarheid is hy is verpletter, sê Hannon. En g’n grimeerkwas of uitrusting kan sy droefheid wegtoor nie. Sy lewe, sê hy, het in ’n donker nagmerrie ontaard sedert hy en sy man, Julius Swart, in Februarie bekendgemaak het hulle gaan skei. “Dertig jaar …” prewel hy, en sy stem kraak. “Dis hoe lank ons saam was. Drie dekades.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Mamma Mia, Dís Nou ’n Láng Asem!
106 vertonings, sjoe … Hoe voel dit om so ’n mylpaal te bereik? Dis nogal groot! Ek het aanvanklik geen idee gehad dat ons ooit daar sou uitkom nie. Dis ’n wonderlike gevoel. Deel met ons van die onvergeetlike oomblikke. Daar was soveel spesiale oomb
Huisgenoot13 min read
As Jy Dood Wakker Word
PASIËNT Een was 24 jaar oud en swanger met haar derde kind toe die masjiene wat haar aan die lewe gehou het, afgeskakel is. Dit was in 2014. ’n Paar jaar vroeër is ’n kwaal by haar gediagnoseer wat tot ’n ongereelde hartklop lei. Gedurende haar vorig
Huisgenoot9 min read
Twee Bondels Vreugde, Jakkals En Wolf
’N MENS ken hom as ’n wêreldreisiger wat nie maklik vir ’n nuwe uitdaging terugdeins nie – of dit nou is om met ’n stapstok in die hand, laphoed op die kop en rugsak die Camino de Santiago-pelgrimstog in Spanje aan te durf, deur Frankryk se bergpasse

Related