Idees

KLEUR & GEUR

GESONDE GROENTESOP

Borrie is ’n gewilde staatmaker wat aardse geur en ’n lieflike skelgeel kleur aan kos gee. Dit hou ook verskeie gesondheidsvoordele in omdat dit ryk is aan antioksidante wat help om inflammasie in die liggaam te verminder. Dié heilsame sop is propvol geur en sal jou immuunstelsel ’n hupstoot gee gedurende die koue wintermaande.

Genoeg vir: 4-6

Bereidingstyd: 20 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur

♥ 45 ml canola-olie
♥ 1 ui, gekap
♥ 3 selderystele, gekap
♥ 2 knoffelhuisies, fyngedruk
♥ 10 ml fyngerasperde vars gemmer
♥ 30 ml gerasperde vars borrie of 15 ml fyn droë borrie
♥ 5-10 ml fyn droë brandrissie (opsioneel)
♥ 1 kg botterskorsie of pampoen, in blokkies gesny
♥ 1 blik (400 g) kekerertjies, gedreineer
♥ 125 ml rooi lensies
♥ 1 liter aangemaakte of tuisgekookte groenteaftreksel
♥ 1 blik (400 ml) klappermelk
♥ 1 klein bossie krulkool (kale) of spinasie, gesnipper
♥ suurlemoensap, na smaak
♥ vars koljanderblare, om voor te sit (opsioneel)

1 Verhit die olie in ’n groot kastrol oor matige hitte. Voeg die ui en seldery by en soteer dit ’n paar minute tot dit sag is.

2 Voeg die knoffel, gemmer, borrie en rissie (indien jy dit gebruik) by. Soteer dit vir nog 3 minute.

Voeg die botterskorsie of

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees4 min read
Huiswaarts
Die professionele sjef Paula Nel is hopeloos te diskreet om uit te lap wie haar bekende kliënte is, maar onder hulle tel van die wêreld se voorste media-, musiek- en rolprentmense. Paula bring tot drie maande op 'n slag op haar grootste kliënt se luu
Idees7 min read
Flossie Die Kat
Al die patrone in Projectarian se nuwe boek, Crocheting Reversible Amigurumi Projects, is omkeerbare karakters wat jy kan omdop om iets anders aan die ander kant te kry. Daar is ook die keuse om dit nie omkeerbaar te maak nie. Die boek bevat 15 amigu
Idees1 min read
Sag In Linne
MOEILIKHEIDSGRAAD: gemiddeld TYD: 1 dag ♥ patroon op bladsy 94 ♥ 2,5 m linnemateriaal ♥ 1,5 m teenstellende skuinsband van 25 mm ♥ aanstryktussenvoering vir die kraag en belegsels ♥ bypassende masjiengare ♥ 1 knoop 1 Teken die patroon op bladsy 94 op

Related