Huisgenoot

AGTER AL DIE DRAMA

NÁ DIE dood in 1997 van Diana, prinses van Wallis, het ’n erg geskokte koninklike familie hul bes gedoen om saaiheid te aanvaar – byna soos iemand wat ná ’n affair met ’n beeldskone maar onstabiele minnares na die huweliksbed terugkeer.

Tina sê die koningin het dit duidelik gemaak “dit” kon nooit weer gebeur nie.

“Die ‘dit’ was Diana se ontsettende roem; die probleem van die monargie wat oorskadu word deur iemand anders as die koningin of die troonopvolger. Die refrein wat by die paleis herhaal is, was: ‘Ons wil nie nog ’n Diana hê nie. Nooit weer nie!’

So hoe het dié “nooit weer nie” toe uitgewerk? Dis my eerste vraag aan Tina, wat ’n kwarteeu ná Diana se dood weer die onderwerp van die monargie aanroer in haar nuwe boek, The Palace Papers: Inside the House of Windsor – the Truth and the Turmoil.

Sy het twee jaar lank aan dié boek gewerk en onderhoude gevoer met 120 mense wat nou by senior koninklikes en hul huishoudings betrokke is.

Dit was ’n ietwat uitdagende jaar vir die koninklikes, antwoord Tina droogweg.

Die hertog en hertogin van Cambridge, William en Kate, het onlangs teruggekeer van ’n toer deur die Karibiese streek. Maar iets wat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Mamma Mia, Dís Nou ’n Láng Asem!
106 vertonings, sjoe … Hoe voel dit om so ’n mylpaal te bereik? Dis nogal groot! Ek het aanvanklik geen idee gehad dat ons ooit daar sou uitkom nie. Dis ’n wonderlike gevoel. Deel met ons van die onvergeetlike oomblikke. Daar was soveel spesiale oomb
Huisgenoot13 min read
As Jy Dood Wakker Word
PASIËNT Een was 24 jaar oud en swanger met haar derde kind toe die masjiene wat haar aan die lewe gehou het, afgeskakel is. Dit was in 2014. ’n Paar jaar vroeër is ’n kwaal by haar gediagnoseer wat tot ’n ongereelde hartklop lei. Gedurende haar vorig
Huisgenoot9 min read
Twee Bondels Vreugde, Jakkals En Wolf
’N MENS ken hom as ’n wêreldreisiger wat nie maklik vir ’n nuwe uitdaging terugdeins nie – of dit nou is om met ’n stapstok in die hand, laphoed op die kop en rugsak die Camino de Santiago-pelgrimstog in Spanje aan te durf, deur Frankryk se bergpasse

Related