Weg!

Disnét om die draai…

Mandy Mitchell

Ixopo, KwaZulu-Natal

IG: @mandymitchell1156

Die Nhlamvini-vallei lê oos van Ixopo in die KwaZulu-Natalse bosveld. Dis rofweg in die driehoek tussen die R56, R612 en die Umkomaasrivier. Dit is ’n bewarea wat oor verskeie wildplase strek en sodoende die ryk biodiversiteit van die omgewing help bewaar.

Ons boer hier en omdat ek ’n ywerige fotograaf is, verken ek gereeld die grondpaaie van die vallei. Dis openbare paaie, en enigiemand kan dit kom ry. Probeer die D299, D738 en die Inhlamvini-pad. Jy sal wild (agter die draad) sien soos jy ry.

Dis ’n wonderlike plek om vir ’n naweek se natuurtyd heen te ontsnap. Hier is ’n paar selfsorglodges in die omgewing – ek kan Oribi Bush Camp aanbeveel by die Nhlamvini-privaatwildreservaat.Jykan diere sien soos seekoei, koedoe, oribi en kameelperd. Hulle bied wildritte aan, maar jy kan ook vooraf bespreek indien jy met jou eie kar wil rondry.

As jy in die winter kom, sal jy die streek se manjifieke aalwyne sien blom!

Nhlamvini-privaatwildreservaat 🖰 watervalesafaris.com

Brandon en Marcelle Danks

Pinetown, KwaZulu-Natal

IG: @lets_get_lost_za

@wandering_soul_za

Weenen-wildreservaat 🖰 kznwildlife.com

Cumberland-natuurreservaat 🖰 cumberlandreserve.co.za

Eston 4x4 Valley Adventures 🖰 info@eston4x4.co.za

Tala-privaatwildreservaat 🖰 tala.co.za

Ons hou daarvan om die Weenen-wildreservaat te besoek. Dis in die KZN-Middelland en sowat 5 000 ha groot. Dagbesoekers betaal R50 per volwassene en R25 per kind. Die kampterrein het geriewe vir woonwaens, boswaens en gewone tente. Die 4x4-roete in die reservaat is niks ernstig nie – ’n hoogtepunt is die smal staalbruggie waaroor jy met jou bakkie kan ry.

Dit is dalk klein, maar na ons mening bied die ’n wilderniservaring wat kers vashou by enige van KZN se groter reservate. Dit is net oos

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg2 min read
Ontdek Die Verste Uithoeke Van Namibië
In Namibië voel dit dikwels asof jy die eerste mens is wat deur ’n landskap reis; verplaas na ’n ander, ongerepte era. As dit nog altyd op jou wenslys was om dié verafgeleë dele van ons buurland te ontdek is dié Kunenestreekfotografietoer vir jou. Do
Weg3 min read
Só Werk Die Gids
Dié tariewe is tans: Vir SAOG-lede: R100 p.p., R50 per kind jonger as 16 jaar en vanaf R50 per voertuig in die |Ai|Ais-, Etosha-, Namib-Naukluft-, Dorob-, Waterbergplato- en Skedelkus- nasionale park, Sperrgebiet en die Kaap Kruis-reservaat. Vir die

Related