HY ÍS SPESIAAL!
![f0020-01](https://article-imgs.scribdassets.com/5itvkyiwlc9wy9vu/images/file0JP48FGP.jpg)
Nie alle superhelde dra tights of 'n skouermantel (cape) nie. Sommige staan in 'n klaskamer voor 'n swartbord met 'n stuk kryt in die hand. Jevonn Cloete (29) van Rooifontein, 'n klein dorpie net buite Springbok in die NoordKaap, is een van hulle. Dié Namakwalander het op 'n jong ouderdom besluit om sy vlerke te sprei - sy omstandighede ten spyt. En vandag is hierdie voormalige toppresteerder van Norap Metodiste Primêr in sy graad 7-jaar alles en meer as waaroor hy destyds gedroom het. Deesdae word hy elke dag aangevuur deur sy begeerte om 'n verskil te maak in die lewens van leerders met spesiale onderrigbehoeftes.
Jevonn is 'n passie-gedrewe opvoeder wat die lewe geesdriftig aanpak. Hy het sy baccalaureus- en honneursgraad in
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days