Kuier

BREINOPERASIE SY ENIGSTE HOOP

Vir Jo-Tayquin Isaacs (8) van Bonnievale in die Wes-Kaap is die binnekant van 'n hospitaal net so bekend soos die vertrekke van sy ouerhuis. Hy is immers sedert sy geboorte meer in die hospitaal as by die huis.

Daar is egter min dinge wat hierdie jong vegtertjie se lewenslus kan blus en wanneer jy hom ontmoet, is die eerste ding wat jy opmerk sy bruin, blink lewenslustige ogies en sy kinderlike en onskuldige glimlag.

Maar klein Jo-Tayquin veg al om oorlewing van vóór sy geboorte en die einde van sy stryd is nog glad nie in sig nie…

Jo-Tayquin het 'n beroerte gehad terwyl hy nog in die baarmoeder was. Daar is ook bevind dat hy epileptiese toevalle kry en dat dit al hoe meer sy brein affekteer.

Ná baie prosedures, toetse en skanderings het dokters ontdek die regterkant van sy brein het ook nie ontwikkel nie en is met vog gevul.

Jo-Tayquin het dringend 'n anti-epileptiese operasie nodig om die vog op sy brein te verminder. Die koste van dié operasie beloop by die R200 000 en sal die epileptiese toevalle wat hy kry, verminder en uiteraard die gehalte van sy lewe verbeter. Die aantal toevalle wat hy kry verskil van dag tot dag. Partykeer kry hy drie per week ander kere drie per dag.

En vir Jo-Tayquin se ouers, Laurika (35) en Jody (38) Lombard, wat daagliks op 'n lae inkomste moet oorleef, blyk dit asof die lig aan die einde van hul kind se gesondheidstonnel al hoe meer verdoof.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier6 min read
PRET MET Pannekoek
Lewer sowat 16 koekies Plaatkoekies 2 koppies koekmeel 2 teelepels bakpoeier 1 teeleel koeksoda ½ teelepel sout 2 eetlepels suiker 2 koppies karringmelk of amasi 2 eiers, geklits 1 teelepel vanilla essence 'n bietjie olie, vir braai Dalgonakoffiemous
Kuier3 min read
Vra Dr. Jolene
DIÉ OLIE KAN MY GLO HELP Dokter, wat is die voordele van magnesium en hoe kan dit my help? Ek sukkel met hoë bloeddruk en is konstant moeg. Ek het gelees van 'n magnesiumolie wat glo help met beter slaap. Hoe werk dit? ERIN BESTE ERIN Magnesium is 'n
Kuier5 min read
‘Hoekom Óns Kinders?’
'n Leë, swartverbrande sinkdop op erf 122 in 7de Laan, Soebatsfontein, is die stil getuie van die tragedie wat in die eerste daglig van Saterdag 8 Junie daar afgespeel het. In dié sinkhuis het die drie Adonis-kinders, Waylene (8), Waylon (3) en Wilni

Related