Kuier

ABUSE KNAK BEJAARDES

Vreesbevange sluit 'n 83-jarige weduwee haarself in haar slaapkamer toe om te ontsnap van die verbale mishandeling en intimidasie van haar 25 jaar oue kleinseun met wie sy 'n huis deel. In 'n ander huis word 'n 75-jarige man sy stiefseun se slaansak wanneer die ou man nie sy karige pensioengeldjie aan hom wil oorhandig nie…

Hierdie is skokkende ware gevalle van twee bejaardes in KwaZulu-Natal, en ongelukkig ook 'n realiteit wat hom elke dag in baie ander huise in Suid-Afrika afspeel.

Bejaardes - die struktuur van ons samelewing wat die fondasie van gemeenskappe is - word daagliks fisies, seksueel, emosioneel en finansieel mishandel en is die slagoffers van gewetenlose uitbuiters en misdadigers. Wat egter hartseer is, is dat baie van die gevalle nooit aangemeld word nie. En nóg meer hartverskeurend is dat mense wat dit raaksien, dit onder die mat vee of nie 'n hand lig om te help nie.

Volgens die Wes-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling vind die mishandeling van bejaardes plaas in hul eie huise, terwyl hulle by familie woon én by instansies wat verantwoordelik is vir hul welstand.

LELIK MET OUMA

Iemand wat kan getuig van hoe sy deurloop onder mishandeling deur haar eie familie, is Martha Willemse* (73) van Malmesbury in die Wes-Kaap. Sy woon vir die afgelope jaar by haar oudste seun en sy vrou.

Martha het drie seuns van onderskeidelik 40, 35 en 29, en ná haar egskeiding het sy haar eie potjie gekrap. Op haar karige staatspensioen is

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier6 min read
PRET MET Pannekoek
Lewer sowat 16 koekies Plaatkoekies 2 koppies koekmeel 2 teelepels bakpoeier 1 teeleel koeksoda ½ teelepel sout 2 eetlepels suiker 2 koppies karringmelk of amasi 2 eiers, geklits 1 teelepel vanilla essence 'n bietjie olie, vir braai Dalgonakoffiemous
Kuier3 min read
Vra Dr. Jolene
DIÉ OLIE KAN MY GLO HELP Dokter, wat is die voordele van magnesium en hoe kan dit my help? Ek sukkel met hoë bloeddruk en is konstant moeg. Ek het gelees van 'n magnesiumolie wat glo help met beter slaap. Hoe werk dit? ERIN BESTE ERIN Magnesium is 'n
Kuier5 min read
‘Hoekom Óns Kinders?’
'n Leë, swartverbrande sinkdop op erf 122 in 7de Laan, Soebatsfontein, is die stil getuie van die tragedie wat in die eerste daglig van Saterdag 8 Junie daar afgespeel het. In dié sinkhuis het die drie Adonis-kinders, Waylene (8), Waylon (3) en Wilni

Related