Die Tuinier Tydskrif

Begin van voor af…

Ons moet almal erens begin om die tuin van ons drome te skep, en die ontwerpbeginsels vir ʼn klein tuintjie is presies dieselfde as vir ʼn groot tuin. Jou reis begin met ʼn paar basiese vrae wat jy jouself moet afvra.

Watter tuinstyl wil ek hê?

As jy na die tuine kyk waarop ons gereeld fokus, is dit duidelik dat hul uitleg meestal op eenvoudige reguit lyne berus wat die erf in verskillende dele verdeel, talle met plantbeddings wat netjies met keistene of bakstene omrand is. Dit skep basies “orde” of ʼn raamwerk wat met plante, ʼn grasperk en hardeskappering soos plaveisel gevul word. As jy ʼn nuwelingtuinier is, is hierdie ontwerproosterstelsel die maklikste manier om te werk te gaan.

Binne hierdie “orde” kan jy ʼn natuurlike voorkoms met lae onderhoud kies deur voorgenome plantgebiede met plate grasse en taai meerjariges te vul of ʼn versameling vetplante en vetplantgrondbedekkers te kies. Die keersy is dubbeld soveel formaliteit deur beddings met lae heinings te omrand en vol te maak met plante soos rose, meerjarige blomplante, tweejarige en seisoenale jaarplante – wat duurder en moeiliker is om in stand te hou, maar wat in die somer tog so kleurryk en lonend is…

Die basiese dinge om mee te begin

Sodra jy bepaal het hoe die vloerpatroon moet lyk, wat voeteverkeer en toegang in ag neem,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif2 min read
Wat Om Te Doen Julie
Plant ‘Tom Thumb’,’n bosagtige tuinertjie van Raw Seeds, in potte of klein plekkies in die tuin. Plante groei 30 cm hoog en 10 cm wyd, so spasieer hulle 10 cm uitmekaar. Die peule is op hul lekkerste as hulle binne 50 dae na ontkieming jonk gepluk wo
Die Tuinier Tydskrif1 min read
DOPAMIEN-dekor
Bring lewendige kleure, gewaagde patrone, tasbare teksture en ‘n gevoel van nostalgie bymekaar, en jou brein vertel jou om plesier, bevrediging en motivering te voel – die dopamien-effek. En, wat is meer nostalgies as krisante in ‘n pot? Kleur speel
Die Tuinier Tydskrif1 min read
Brahman Hills, Kwazulu-natal
‘n Tuin wat tydens die 2020-inperking gebou is om die personeel in diens te hou terwyl die hotel gesluit was, het die gesogte toekenning RHS Partner Garden of the Year, Streekswenner in 2023 gewen. Brahman Hills in die KwaZulu-Natalse Middellande is

Related