Weg! Ry & Sleep

’n Bedryf wat groei en groei...

Ná vanjaar se derde groot woonwaskou, die kykNET Buite-ekspo by Sondela buite Bela-Bela, is ’n mens opnuut onder die indruk presies hoe bederf Suid-Afrikaners is met al die woonwakeuses.

Op die jaarlikse Woonwaskou vroeër vanjaar by die Gallagher-konferensiesentrum in Midrand was meer as twintig nuwe kampwamodelle te sien en twee nuwe vervaardigers het hulle buiging gemaak.

’n Maand of wat later – by die eerste kykNET Buite-ekspo van die jaar buite Malmesbury – het nóg drie nuwe vervaardigers kom oë wys en ’n totaal van vyf nuwe modelle is ten toon gestel. Dit was ook die tendens by die ekspo buite Bela-Bela: Nóg twee nuwe vervaardigers het hulle kom voorstel en ’n goeie tien nuwe modelle is hier staangemaak.

Dis wat ons nuut by Bela-Bela gesien het.

CUSTOM CANOPIES & TRAILERS

Custom Canopies is bekend vir sy Moremi-reeks boswaens wat hoofsaaklik gemik is op voertuigbestuurders met ’n gewone rybewys – drie van die vier modelle het ’n brutovoertuigmassa van 750 kg.

Met die Moremi Go 2 word hierdie aanbod verder uitgebrei. Die romp is dieselfde lengte as die Trail (2,5 m) maar in wese is dit ’n Lite – ’n boswoonwa waarbinne jy slaap – wat horisontaal > middeldeur gesny is. Jy slaap dus bo-op die wa, die deur is in die linkerkant by die stert (nie agter nie), en die kombuis ook aan diékant, maar voor.

Die bed (1,9 x 1,4 m) is permanent en beslaan die grootste deel van die binneruim. Die kas bo die linkerwiel is nuut, en agter dit in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep4 min read
Tweede by Derde Brug
Ek en my vrou, Heike, besit African Footprints Tour Facilitator in Namibië en ek besoek Botswana al amper 20 jaar. Dit sluit in bestemmings soos die Moremi-reservaat, die Chobe- nasionale park en die Savuti tussen die bewareas. Dis fassinerend om die