Weg! Ry & Sleep

Daar anderkant die blou berge

Die naam Overberg het oorspronklik verwys na die onbekende binneland agter die Hottentots-Hollandberg wat die oostelike uitbreiding van Jan van Riebeeck se nedersetting gestuit het. Mettertyd is ’n pad deur die bergreeks gevind en die vae Nederlandse definisie van “over het berg” moes verander, want anderkant die Overberg het nóg berge gewag.

Die Overberg-distrik se grense is tot vandag toe vaag, maar daar word algemeen aanvaar dit is die golwende vlakte tussen die Riviersonderend- en Langeberg in die noorde en die see in die suide, met sy westelike grens die Hottentots-Hollandberg en sy oostelike grens óf die Breë- óf die Gouritsrivier 100 km verder ooswaarts.

Hoe ook al, hier is ’n kronkelroete wat jou goed vertroud gaan maak met die vrugbare landboustreek anderkant die berg.

Jou roete begin by die Peregrine-padstal op die N2, sowat 70 km van die Kasteel in Kaapstad af. Hier kan jy heerlike pasteie, souttert, varsgebakte brood en wyn uit die omgewing koop vir jou reis wat voorlê. Én van die heerlikste vars appelsap wat jy jou kan voorstel.

Verlaat die padstal se parkeerterrein en steek die bedrywige N2 oor, in die rigting van Grabouw, ’n dorp wat veral bekend is vir sy appelboorde. Draai dan 1 km verder, nog voor jy Grabouw binnery, regs op die R321, die Villiersdorppad.

Die streek waar die appelbome vandag so geil groei, met sy plaasdamme vol waterblommetjies en opstalle met Kaaps-Hollandse gewels...

Die appel- en peerboorde rondom jou is grootliks te danke aan ene Antonie Viljoen wat ná die Anglo-Boereoorlog met appels begin boer het. Antonie se vrugte was van uitstaande gehalte – die beste in die ganse Kaapkolonie – en ander boere in die omgewing het sy voorbeeld naderhand begin volg.

Die streek waar die appelbome vandag so geil groei, met sy plaasdamme vol waterblommetjies en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep4 min read
Tweede by Derde Brug
Ek en my vrou, Heike, besit African Footprints Tour Facilitator in Namibië en ek besoek Botswana al amper 20 jaar. Dit sluit in bestemmings soos die Moremi-reservaat, die Chobe- nasionale park en die Savuti tussen die bewareas. Dis fassinerend om die

Related