Weg! Ry & Sleep

Raak rustig by Rondeberg

Ons dae van maskers dra is blykbaar iets van die verlede, maar nou word ’n mens gebombardeer met knaende beurtkrag en die Zondo-kommissie se bevindings oor staatskaping. Soms moet ’n ou net sê: “Hokaai, stop die bus, ek wil afklim!”

Skaars 22 km duskant Clanwilliam, 2½ uur se ry uit Kaapstad, is die ideale plek om dié bus te te laat halt roep, jou tent, woon- of boswa staan te maak en vir ’n paar dae te vergeet van die dinge wat die wêreld so ingewikkeld maak. Sorgeloos.

Dit is waar jy die Rondeberg-oord sal vind, aan die oewer van die Bulshoekdam. Die oord met 30 uiteenlopende staanplekke (en genoeg plek vir 180 mense) beslaan nagenoeg 3 ha.

Die ontvangskantoor se valhek kry jy ná 500 m se netjiese grondpad deur wingerde. Hier is genoeg ruimte om met gemak jou voertuig en wat jy ook al sleep

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep4 min read
Tweede by Derde Brug
Ek en my vrou, Heike, besit African Footprints Tour Facilitator in Namibië en ek besoek Botswana al amper 20 jaar. Dit sluit in bestemmings soos die Moremi-reservaat, die Chobe- nasionale park en die Savuti tussen die bewareas. Dis fassinerend om die

Related