Tuis

Pret met potte!

#1 ’n Tafel vol vetties

Dié ou staaltafel is vir Mandy Crooks van Dargle in KwaZulu-Natal perfek om haar vetplante op uit te stal. Die kleure, vorms en teksture van die vetplante komplementeer mekaar, en sy kan dié geharde plante los dat hulle op hul eie aangaan. “Vetplante verg min onderhoud en het nie baie fiemies nie. Hoewel ons klimaat nie ideaal is vir vetplante nie, floreer dit hier. Ons kry meer reën as wat die plante nodig het; soms ook ryp in die winter en hael in die somer,” vertel sy. “Maar solank die dreinering goed is, is die vetplante gelukkig. En die koue temperature van ons winters bring die blare se kleure op hul mooiste uit.”

#2 Sonénskadu

Dié pottetafel staan op Karin du Plessis se stoep in Franschhoek. “Die hoek was kaal en oninteressant en het hoogte gekort,” vertel sy. Dit is ook maklik bereikbaar om nat te gooi en hier kan ek heerlik speel met kleurvolle eenjariges en plante wat ek in verskillende vorms snoei. Bo-op die tafel is die sonliefhebbers en op die onderste rak floreer skaduplante.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis3 min read
Diere-maniere
Watter een van dié drie is Gucci die dwergpoedel? – Mari Viviers, Paarl Tansy en Teagan geniet mekaar se geselskap. – Chandré de Wit, George Chloe die Ragdoll-katjie verlustig haar in die geur van die dahlias. – Penny Mowbray, Gqeberha Mossel stel ’n
Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar
Tuis2 min read
SKRYF IN & WEN!
Laat dít jou mantra wees wanneer jy weer ’n huisverbetering beplan. Dit maak mos sin om enige opknap aan te pak met die oog op die toekoms, en watersekerheid bo-aan jou lys. JoJo, die hoofborg van ons jaarlikse Regruk met Flair-kompetisie, is Suid-Af

Related