Avontuur Afrika

Vele hande, ligte werk

Wildstropery is ‘n krisis in Suid-Afrika. Ongelukkig dink meeste mense aan stropery in groter terme, soos renosters, olifante, ietermagô’s en ander meer eksotiese diere wat gewoonlik vir die Asiatiese mark bestem is. Alledaagse onwettige bosvleisen muti-stropery is egter iets wat reg onder ons neuse gebeur, waarvan Jan Alleman nie bewus is nie. In die veldjie naby jou huis, by die spruit waar jy graag bergfietsry, in die oop grond op die aangrensende erf of die onbewoonde erf ‘n paar huise verder in die straat af. Dit is nie net wilde diere soos duikers, wilde hase en ander klein wildsbokke wat slagoffers word nie. Strikke is ook die onoordeelkundige moordenaar van troeteldiere (ja, hier praat ek van huiskatte en honde).

Maar soos die spreekwoord lui: slegte dinge gebeur wanneer goeie mense niks doen nie. En met hierdie in gedagte, is die konsep van ‘n Bush Babes K9 Strikverwyderingsgeleentheid gebore as ‘n geleentheid vir gewone vroue uit alle vlakke van die samelewing om iets aan stropery te doen. Soos met elke Bush Babes-inisiatief – en nóg meer so met ons eerste-in-sy-soort-avonture soos hierdie een – was dit noodsaaklik om die regte mense te vind om mee saam te werk.

Reinette van Niekerk, wat al vir tien jaar lank ons “wildeperd-mens” in Kaapsehoop en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika1 min read
TEKEN IN & WEN
‘n Toer saam met Ultimate Adventures na die Richtersveld Nasionale Park in die Noord-Kaap, met die laaste nag by die Augrabieswaterval Nasionale Park. Geleë in Suid-Afrika se noordelike Namakwaland, is die Richtersveld ‘n bergagtige woestynlandskap w
Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens
Avontuur Afrika3 min read
‘N Ougat Huisie Op Wiele
Die Suzuki Eeco is in 2023 op die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel en dit was ‘n onmiddellike gunsteling by besighede wat na ‘n klein karweiertjie en daaglikse ryding op soek was. Die manne by Suzuki SA het egter met die blink gedagte vorendag geko

Related Books & Audiobooks