Avontuur Afrika

Ongeloofike Gonarezhou

Sedert die geboorte van hierdie tydskrif, sowat twee jaar gelede, het ek en my pa Gonarezhou stewig in ons avontuur-visier gehad. Dit was nog altyd een van daardie “eendag”-uitstappies en alhoewel uiters opgewonde, was ons baie versigtig met die beplanning van hierdie epiese avontuur.

Die eerste groot probleem was om akkurate en opgedateerde inligting oor Gonarezhou en die omliggende gebied te vind. Ek het dus die groot kanonne uitgehaal en ons ou reisboeke afgestof om op te lees oor die “plek van die olifant” en het ure by my oupa deurgebring om oor sy reis na die park, sowat twee dekades gelede, te leer. Die terugvoer van beide my oupa en die reisboeke het my uiters skepties oor Gonarezhou gemaak, aangesien albei bronne dit as ‘n dorre woestyn-land, wat deur stropery en korrupsie geteister is, beskryf het.

Is dit ooit die moeite werd om te besoek, het ons gewonder…? Daar was egter geen omdraaikans nie, want die reis was bespreek, die Jimny propvol gepak en, te midde van een van die koudste winters wat Gauteng die afgelope jare gesien het, was ons op pad.

Ons val in die pad

Ons het die konvooi by die Petroport op die N1 buite Pretoria ontmoet. Ons reisgeselskap het bestaan uit ek en my pa in Opposite Lock se toegeruste Jimny, Coba en Darrel van Opposite Lock in hul splinternuwe 4.2-liter Land Cruiser 79, Kenneth en Ti-Amore in hul 4.5 V8 Land Cruiser genaamd Gunnland (vind hulle op Instagram: @gunnland79), Kenny van CGear in sy Volkswagen 4Motion V6 Amarok en, uiteindelik, ‘n bekende gesig: Jaco van Affipadaf in sy nuwe Amatrokkie (‘n pasgemaakte Amarok 2.0 TDI 4x4). Die groep was gretig om hierdie avontuur van ‘n leeftyd aan te pak, almal se opgewondenheid tasbaar in die lug.

Ons eerste bestemming was die pragtige Mapungubwe Nasionale Park, slegs 70km vanaf Musina en die Zimbabwe-grens. Ons het omstreeks 17:00 by die ontvangs van die park aangekom – net betyds vir die Bokke om teen Wallis af te skop vir die beslissende toets in Kaapstad. Ek het onmiddellik binne die Jimny na RSG oorgeskakel om op pad na ons verblyf, Tshugulu Lodge, na die eerste helfte van die toetswedstryd te luister. Handré Pollard het pas deur die Wallisverdediging geskiet vir die eerste drie en terwyl ons in die motor feesgevier het, het ek ‘n groot kat voor ons

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika1 min read
TEKEN IN & WEN
‘n Toer saam met Ultimate Adventures na die Richtersveld Nasionale Park in die Noord-Kaap, met die laaste nag by die Augrabieswaterval Nasionale Park. Geleë in Suid-Afrika se noordelike Namakwaland, is die Richtersveld ‘n bergagtige woestynlandskap w
Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens
Avontuur Afrika3 min read
‘N Ougat Huisie Op Wiele
Die Suzuki Eeco is in 2023 op die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel en dit was ‘n onmiddellike gunsteling by besighede wat na ‘n klein karweiertjie en daaglikse ryding op soek was. Die manne by Suzuki SA het egter met die blink gedagte vorendag geko

Related