Avontuur Afrika

Meer oemf vir jou ryding

Soos met alle dinge in die lewe, is daar meer as een manier om iets te doen en as sulks is daar verskeie prosesse om jou voertuig se enjin te herprogammeer, karteer of ‘n prestasie-gedrewe naverkope skyfie te installeer. Daar is baie instellingsmaatskappye (oftewel tuners, soos die Engelsman sou sê) en produkte wat op prestasie-verbetering gemik is op die mark.

Ons het egter besluit om ons toets saam met Dastek en sy immergewilde en bekende Unichip te doen. Ons proefkonyn vir die projek was ‘n 2016 Land Cruiser Prado met sy bewese 3.0-liter D4-D turbo-aangejaagde viersilinder-enjin. Ons het by Cornel Jonker, algemene bestuurder van die Dastek-groep en een van die meesterbreine agter Unichip, aangeklop om meer uit te vind oor die proses.

Wat is herprogrammering?

Om herprogrammering te verstaan, moet ‘n mens eers die konsep van instelling (of dan) verstaan. Enige petrolkop sal die term dadelik verstaan, maar vir die leek gaan dit oor drie kritieke aspekte van die binnebrandenjin: brandstof, saamgeperste lug en interne verbranding.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika1 min read
TEKEN IN & WEN
‘n Toer saam met Ultimate Adventures na die Richtersveld Nasionale Park in die Noord-Kaap, met die laaste nag by die Augrabieswaterval Nasionale Park. Geleë in Suid-Afrika se noordelike Namakwaland, is die Richtersveld ‘n bergagtige woestynlandskap w
Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens
Avontuur Afrika3 min read
‘N Ougat Huisie Op Wiele
Die Suzuki Eeco is in 2023 op die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel en dit was ‘n onmiddellike gunsteling by besighede wat na ‘n klein karweiertjie en daaglikse ryding op soek was. Die manne by Suzuki SA het egter met die blink gedagte vorendag geko