![f0034-01](https://article-imgs.scribdassets.com/69jpiouydcaarx6m/images/fileDECY5OKS.jpg)
Telemetrie, opsporingshalsbande, nagebootste wildehondroepe wat oor ‘n luidspreker gespeel word, ‘n rooibok – reeds gedood – vasgemaak aan ‘n stomp… Alles so klinies, berekend. Selfs onnatuurlik. Ja, baie mense sal die vlak van menslike ingryping wat die Waterberg Wild Dog Initiative (WWDI) se ekotoerisme-projek verpersoonlik kritiseer. Ek was dalk selfs een van daardie mense. Maar dan maak die klein eko-held wat die projek koördineer haar mond oop en die pure passie vir en toewyding aan hierdie spesie borrel oor.
Reilly Mooney, die koördineerder van die ekotoerisme-projek, het sowat drie jaar gelede na Suid-Afrika gekom as deel van ‘n navorsingspan wat die gedrag van bobbejane in die Waterbergbiosfeer sou bestudeer. Reilly het ure spandeers op te spoor en het toe eendag die hoogs bedreigde , oftewel Afrika-wildehond, vir die eerste keer in haar lewe gesien. Trouens, hulle is die tweede mees bedreigde karnivoorspesie op die Afrika-kontinent, naas die Ethiopiese wolf. Sy was dadelik nuuskierig en toe die Covid-19-pandemie haar verhinder het om huis toe te gaan na die Verenigde State, het sy betrokke geraak by die spesiale projek wat daarop gemik was om die wildehonde van die Waterberge te red. Trouens, sy het halsoorkop verlief geraak op hierdie honde… En hoekom sou sy nie?