Avontuur Afrika

Swermtog na Marion ‘n Geleentheid van ‘n leeftyd

Die oordadige gebruik van die “kans van ‘n leeftyd”-frase het ‘n retoriese middel geword om so te sê enige geleentheid te beskryf. Deesdae is byna álles ‘n kans van ‘n leeftyd, of dit nou ‘n uitstekende werksaanbod, ‘n kans om iemand bekend te ontmoet, of selfs ‘n reis na ‘n wonderlike toeristebestemming is.

Dieselfde frase is gebruik om die Swermtog na Marionekspedisie deur BirdLife South Africa – wat aanvanklik beplan was vir einde Januarie 2021, maar uitgestel is as gevolg aan die gewraakte C-woord – te bemark. Alhoewel dit nie die eerste van sy soort was nie (en hopelik sal dit nie die laaste wees nie), het “kans van ‘n leeftyd” weereens na ‘n aanloklike manier geklink om hierdie reis vir passievolle voëlkykers te beskryf. Dit was egter die ware Jakob! Voorwaar ‘n lepellys-ondervinding.

Wanneer jy enige voëlboek oopmaak, is dit amper natuurlik om verby die eerste paar bladsye te blaai aangesien dit hoofsaaklik voëls bevat wat meestal slegs toeganklik is vir professionele kundiges (wie se werk dit is om hierdie voëls te vind en te monitor) of ‘n uiters gelukkige handjie-vol. Om hierdie stelling in perspektief te plaas, onthou dat die Suidelike Oseaan, waar baie van hierdie voëls voorkom, een van die plekke is wat die minste besoek word op die planeet.

Aangesien die meeste van die lesers van, het die International Hydrographic Organistion (IHO) in die lente van 2000 ‘n vyfde wêreldoseaan, die Suidelike Oseaan – wat strek vanaf die suidelike gedeeltes van die Atlantiese, Indiese en Stille Oseane – afgebaken en erken. Die Suidelike Oseaan strek van die kus van Antarktika af noord tot 60 grade suiderbreedte, wat binne die Antacric Treaty Limit val. Die Suidelike Oseaan is tegnies die vierde grootste van die wêreld se vyf oseane (groter as die Arktiese Oseaan).

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika4 min read
Gesels>> SAAM
Ek is al vir jare ‘n 4x4-eienaar, maar wil my eerste oorgrens-landreis aanpak. Wat is die belangrikste herwinningstoerusting wat jy nodig het? – Wessel Odendaal. Ons uitgewer, Anton Willemse, het al talle landreis-toere in verskeie voertuie voltooi.
Avontuur Afrika4 min read
Nou Met Meer…
Die legendariese Toyota Land Cruiser 70 is die eerste keer in 1984 in Japan bekendgestel en vier vanjaar sy 40ste herdenking. Dis amper ongelooflik om te dink dat meer as 10 000 000 eenhede sedertdien wêreldwyd verkoop is. Dit is ‘n verstommende 250
Avontuur Afrika5 min read
In Die Nuus
Die eerste fase van ‘n projek om die toekoms van wilde aasvoëlbevolkings in Suider-Afrika te verseker, is suksesvol voltooi nadat 160 Krans-en Witrugaasvoëls by hul nuwe tuiste by Shamwari Privaat Wildreservaat gevestig is. Hierdie vorm deel van ‘n p

Related