![f0077-01](https://article-imgs.scribdassets.com/7y0k8zryv4alel54/images/fileUD1GN52K.jpg)
Riekie en Desmond Milner
DealesRock
Desmond se ouers was die eerste geslag op hulle plaas in die poort. Vandag boer hy hier met sojabone, suikerbone en lusern. “Die wild wat ingebring is, is net ons pet shop. Ons jag nou en dan as hulle te veel raak.”
Die DealesRock-vakansieoord is ’n nuwe avontuur. “Kort voor die inperking in 2020 het ons dié deel van die plaas met DealesRock gekoop,” vertel Riekie. Hulle kry af en toe skool-of kerkgroepe, asook voëlkenners en gaste wat visvang.
As jy gelukkig is, kom kuier daar twee klipspringers by die swembad, en die njalas loop tussen die chalets deur. Die eenhede word omvou deur natuurlike bos, en vir daardie koel wintersaande het elkeen ’n kaggel.
“Die temperature kan