Weg! Platteland

Maanplantery Jou gids vir dié lente

Diebasiese beginsels

Maanfases

Net soos die swaartekrag van die maan seevlakke laat styg en daal, het dit ook ’n invloed op die vog in die grond. Saad absorbeer meer water met volmaan en nuwemaan, omdat meer vog na die grondoppervlak getrek word. Dit laat saad uitswel en lei tot beter ontkieming en sterker plante. Die maan beïnvloed plantegroei ook deur middel van geotropie (die manier waarop plante in ooreenstemming met die rigting van die aarde se swaartekrag groei). Die wortels groei ondertoe, in die rigting van die swaartekrag, en die stele in die teenoorgestelde rigting.

Nuwemaan tot Eerste kwartier (groeiende maan) – halfvrugbaar

Dit is ’n goeie tyd om gewasse te plant wat saad buite die vrug produseer. Dit is veral geskik vir eenjarige blaargroente waarvan ons die blare (en in sekere gevalle ook die blomme en stele) eet.

Eerste kwartier tot Volmaan (groeiende maan) – vrugbaar

Saad ontkiem beter in die dae voor volmaan – net reg vir vrugdraende eenjariges waarvan ons die vrugte of sade eet.

Volmaan tot Laaste kwartier (krimpende maan) – halfvrugbaar

’n Krimpende maan hou voordele in vir wortel-en knolgroente en kruie wat op ’n sterk wortelstelsel staatmaak, groente wat ondergronds groei en dekoratiewe en vrugdraende meerjariges.

Laaste kwartier tot Nuwemaan (krimpende maan) – halfonvrugbaar

Soos die maanlig afneem, word plante aangemoedig om meer energie in wortel-, knol-en bolgroei te stoot. Dit is nie die beste tyd om saad te saai nie.

1 Kies jou klimaatsone

Klimaatsones verwys

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland3 min read
Nuus & dagboek
Leer ken jou vierbeenvriend op ’n dieper vlak op die hondecamino, ’n nuwe slenterstaproete oor vier dae al langs die Hermanus-kuslyn – van Grottostrand tot by die Fernkloof-natuurreservaat. Die hondecamino – of dan Canine Camino – is die breinkind va
Weg: Platteland1 min read
Die Vonkel spat!
Vonkeltee – ’n koudgebroude ystee wat bruis soos sodawater – is die jongste produk van die wyn-vrugte-en-gasteplaas Babylonstoren naby Franschhoek wat ons oog getref het. Die nuwe laekilojoule-drankie is in 300 ml-blikkies te kry, in twee geure: rooi
Weg: Platteland2 min read
Vrede In Die Eenvoud
Ek het al gewonder, as ek die bome en strate van my omgewing verlaat vir die stilte en die oopte van die Suid-Kaap se paaie, waarom ek juis dáár makliker ’n filosoof sou kon wees. Dalk is dit die eenvoud van die natuur wat dan plek maak vir gedagtes,