Weg! Platteland

Eskom se ma se boks

Dit voel soos gister toe Eskom Suid-Afrikaners die eerste keer “mooi gevra” het om minder elektrisiteit te gebruik, maar in der waarheid was dit al in 2007. Die nasie “wou nie luister nie”, en ons het kennis gemaak met iets wat ons almal raak en waarvoor ons nie eens ’n woord gehad het nie: beurtkrag.

Gelukkig het die wêreld min of meer bygehou, en vandag kan ’n mens jou huishouding teen beurtkrag pantser met enigiets van herlaaibare ligte, rugsteunbatterystelsels, petrolaangedrewekragopwekkers, sonpanele, eningeboude batterye en kragomsetters. Die pryse wissel natuurlik: van rondom R100 vir ’n gloeilamp wat self herlaai en darem lig sal gee wanneer jy badkamer toe wil gaan, tot meer as R200000 vir ’n stelsel wat jou sal laat voel soos ’n kabinetsminister wat nog net van loadshedding gehoor het.

Ons bekyk later al dié verskillende opsies, maar die fokus van hierdie artikel is ’n kompakte kragboks wat jy self kan bou met onderdele wat relatief bekostigbaar en maklik bekombaar is, en wat die meeste tuiskantore aan die gang kan hou vir jou beurt sonder krag: die wifi-roeteerder (ja, jy’t internet!), ’n skootrekenaar of twee en dalk ’n selfoon of Fitbit wat ’n bietjie asem kort. Jy kan ook saans met ’n geruste hart gaan slaap, want hierdie boks sal jou huisalarmononderbrokelaat diens doen. Ja, jy kan selfs Netflix kyk.

Ons wys jou stap vir stap hoe om so ’n boks te bou.

Kry alles reg

INKOPIELYS

□ ’n plastiek-ammunisiekis met ’n hoë deksel (R300 by Outdoor Warehouse)□ ’n 1000W-omsetter (Takealot verkoop die Gamistar wat ons gebruik, teen sowat R1000. Die voordeel van dié model is dat hy toegerus is met die soort driepuntsokke wat standaard is in Suid-Afrika. Baie van die ander op die mark het Europese of Amerikaanse sokke, en dan het jy ’n ekstra passtuk nodig.)□ 2 luggatsiffies vir kombuiskaste (die meeste ysterwarewinkels het hulle in verskillende kleure – ons het ons s’n by Gelmar gekoop teen R2 stuk.)□ 8 skroefies van 4 x 4,6 mm□ ’n gewone□ ’n muurpropkissie waarin die muurprop pas – die soort wat normaalweg in die muur vasgebou word (± R20)□ ’n driepuntkragprop (± R30) elektriese koord van sowat 65cm (R20) ’n slimlaaier vir ’n 12V-battery met ’n minimum-kraguitset van 3,5A (ons het dié C3-laaier van Bosch op Takealot gekry vir R880)□ alkantkleefband□ ’n 100Ah-diepsiklusbattery (R2500-R11000 – Battery Centre se takke landwyd verkoop ’n First National-battery teen R2 550) – lees ook ons raad oor batterye op bl. 104□ ’n batterymeter (ons het dié enetjie van Lumeno ook by Outdoor Warehouse gekoop teen R300)□ ± 30cm swart-en-rooi 1,5mm-“Twinflex”-draad□ 2 kontakringetjies (10mm)□ 2 oorskuifkontakpunte (4mm)

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland5 min read
Die Voëlsoekers
Hopeloos te min mense weet van hierdie lieflike tuin by Caledonstraat 49 wat in November verlede jaar sy 25ste bestaansjaar gevier het. Die 16ha huisves twee damme, waaronder die Van Kerveldam wat in 1811 as George se eerste waterreservoir gebou is,
Weg: Platteland2 min read
Só Werk Die ‘Platteland’-familie
Dit is vroeg in Maart en ons is op pad Noorde toe, die verloopte Hoëvelder en die Namakwalander. In ’n ou Ford-bakkie. Daar’s stories wat wag in Pretoria en Cullinan. Ons bly weg van die N1 af; kies eerder die stiller en mooier agterpad – Nieuwoudtvi
Weg: Platteland8 min read
1 Fiat 500 | 2ha | 4 seuns… 19000 myl!
Elsje Becker is ’n vrou met murg in haar pype en oemf in haar spiere. Hoe anders nadat sy ’n spannetjie van vier woelige seuns, die een ’n groter (selferkende) petrolkop as die ander, grootgemaak het? Dié ouma van sewe en grootjie van een is ’n vrou