Weg! Platteland

’n Hart soos ’n taxi

'Haai! Sjô, môre gaan besig wees,” lui ’n boodskap van Tori Stowe. “Ons gaan inloer by ’n groep ‘Haai! Amerikaanse vrywil-ligers wat die heining by ’n crèche in Nolukhanyo herstel. Die Rotariërklub van Port Alfred ontmoet my by die galery om tuingereedskap vir die kli-niek te skenk, en dan gaan ons ’n paar private tuine in die township besoek. En laastens… huis toe vir koffie!”

Dít is ’n “normale” dag vir Tori. Soms moet sy ook nog die 40km ry tussen Bathurst en Makhanda, waar haar seun, Noah (13), skoolgaan, en tussen-deur hou sy ’n ogie oor haar enorme groentetuin, 64 hoenders, 4 honde. Én dan het sy sowaar ook ’n “regte werk”.

“Ek is ’n voltydse vryskutkunstenaar, wat beteken ek dóén nie net my werk nie – ek moet dit eers uitdink!”

Wanneer Tori nie vir Woolworths en ander huiswinkels items ontwerp nie, illustreer sy kinderboeke, skets, doen keramiekwerk, en ontwerp en maak materiale saam met haar span by Stowe & So by The Corner Gallery op Bathurst.

Haar talente en tydbestuur is indruk-wekkend; tog verskuif sy gedurig die fokus weg van haarself en haar kuns na

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Vrede In Die Eenvoud
Ek het al gewonder, as ek die bome en strate van my omgewing verlaat vir die stilte en die oopte van die Suid-Kaap se paaie, waarom ek juis dáár makliker ’n filosoof sou kon wees. Dalk is dit die eenvoud van die natuur wat dan plek maak vir gedagtes,
Weg: Platteland5 min read
Die Voëlsoekers
Hopeloos te min mense weet van hierdie lieflike tuin by Caledonstraat 49 wat in November verlede jaar sy 25ste bestaansjaar gevier het. Die 16ha huisves twee damme, waaronder die Van Kerveldam wat in 1811 as George se eerste waterreservoir gebou is,
Weg: Platteland8 min read
1 Fiat 500 | 2ha | 4 seuns… 19000 myl!
Elsje Becker is ’n vrou met murg in haar pype en oemf in haar spiere. Hoe anders nadat sy ’n spannetjie van vier woelige seuns, die een ’n groter (selferkende) petrolkop as die ander, grootgemaak het? Dié ouma van sewe en grootjie van een is ’n vrou

Related