Weg! Platteland

Op die Spoor van die Vellie

Dink vinnig aan ’n velskoen… voor jou geestesoog sien jy waarskynlik ’n paar sonbruin bene wat tussen ’n kakiekortbroek en ’n paar wolkouse uitsteek. Aan die onderpunt van die kouse is ’n paar uitgetrapte leerskoene, ou kalante vol plooie, skaafmerke en vlekke. Alles tekens van járe se dra.

Die snit is klassiek: Die vaalbruin leer kom om die enkels, ’n ry stiksel loop al met die sool langs, en met twee rye van drie ogies trek jy die spul met toutjieveters bymekaar. ’n Skoen vir ’n boer, werker, buitelugmens – eenvoudig maar taai.

Daardie beskeie leerskoen het iewers in die afgelope paar jaar nuwe lewe gekry, en deesdae sien ’n mens oral vellies aan voete wat nié noodwendig aan ’n boer behoort nie – van strooijonkers en Instagram-modelle tot prins Harry en die Suid-Afrikaanse atletiekspan se kleurryke weergawes by die 2020 Olimpiese Spele in Tokio, Japan. Die velskoen was nog altyd eg Suid-Afrikaans, maar nou het hy ook in die land se popkultuur ’n ikoon geword.

Uit die Sederberg

Maar wag eers ’n bietjie: Is dit velskoen of veldskoen? “Hier praat ons van ’n velskoen,” sê J.J. du Plessis op die stoep van die Strassbergers-skoenfabriek op Clanwilliam. “Want hy word van vel gemaak, sien?” Hy lag. “Jy kan seker ook ’n vellie in die veld dra, dan is dit ’n veldskoen!”

’n Mens kan maar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Vrede In Die Eenvoud
Ek het al gewonder, as ek die bome en strate van my omgewing verlaat vir die stilte en die oopte van die Suid-Kaap se paaie, waarom ek juis dáár makliker ’n filosoof sou kon wees. Dalk is dit die eenvoud van die natuur wat dan plek maak vir gedagtes,
Weg: Platteland5 min read
Die Voëlsoekers
Hopeloos te min mense weet van hierdie lieflike tuin by Caledonstraat 49 wat in November verlede jaar sy 25ste bestaansjaar gevier het. Die 16ha huisves twee damme, waaronder die Van Kerveldam wat in 1811 as George se eerste waterreservoir gebou is,
Weg: Platteland8 min read
1 Fiat 500 | 2ha | 4 seuns… 19000 myl!
Elsje Becker is ’n vrou met murg in haar pype en oemf in haar spiere. Hoe anders nadat sy ’n spannetjie van vier woelige seuns, die een ’n groter (selferkende) petrolkop as die ander, grootgemaak het? Dié ouma van sewe en grootjie van een is ’n vrou

Related