Weg! Platteland

Bromvoëls kry ’n tweede kans

Sit ’n bromvoëlveer in ’n droë rivierbedding neer as jy ’n droogte wil breek. Of altans só glo bygelowiges in die noordelike dele van Suid-Afrika wat graag na dié charismatiese rooi-en-swart geveerdes as “reënvoëls” verwys. Party sal selfs sover gaan en waarsku: “Onthou tog net om die veer later weer op te tel, anders hou die reën nooit op nie.”

Geen mens kan onaangeraak bly wanneer jy in ’n wuiwende grasveld ’n bromvoël (Bucorvus leadbeateri) in aksie sien nie. En indien jy wonder waarom die Southern Ground-Hornbill in Afrikaans ’n bromvoël – en in Engels soms “Thunderbird” – genoem word, hoef jy maar net jou motorruite af te draai wanneer jy weer een in die noorde van die land of in die Krugerwildtuin raakloop. Dié kalante is 1 m hoog en weeg maklik 5 kg, en hulle dreunroep is pure Afrika-trom. Hierdie diep galmende doedoe doedoe doedoedoe-geluide – party mense noem dit oemph-oemph – klink nogal skrikwekkend as jy dit die eerste keer hoor. Die voëls baken hulle gebied af met hierdie klank wat tot 4 km ver kan trek.

Broei en groei

Bromvoëls is familie van die raserige en veel kleiner geel-, grys- en rooineushoringvoëls. Volwasse

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Vrede In Die Eenvoud
Ek het al gewonder, as ek die bome en strate van my omgewing verlaat vir die stilte en die oopte van die Suid-Kaap se paaie, waarom ek juis dáár makliker ’n filosoof sou kon wees. Dalk is dit die eenvoud van die natuur wat dan plek maak vir gedagtes,
Weg: Platteland5 min read
Die Voëlsoekers
Hopeloos te min mense weet van hierdie lieflike tuin by Caledonstraat 49 wat in November verlede jaar sy 25ste bestaansjaar gevier het. Die 16ha huisves twee damme, waaronder die Van Kerveldam wat in 1811 as George se eerste waterreservoir gebou is,
Weg: Platteland8 min read
1 Fiat 500 | 2ha | 4 seuns… 19000 myl!
Elsje Becker is ’n vrou met murg in haar pype en oemf in haar spiere. Hoe anders nadat sy ’n spannetjie van vier woelige seuns, die een ’n groter (selferkende) petrolkop as die ander, grootgemaak het? Dié ouma van sewe en grootjie van een is ’n vrou

Related