Landbouweekblad

SKAAPTREK IS NIÉ KAMP OF CAMINO NIE

Verlede jaar kon boere in die Boesmanland ná bykans vier jaar weer met hul skape tussen weiding trek.

By die Fred Turner-museum op Loeriesfontein is dit me. Elna Brand wat dié geskiedenis laat voortleef met haar staaltjies en ’n volledige uitstalling van die Boesmanland-trek. Die uitstalling is lewensgetrou met ’n volledige trekwa, tent en skerm. Elna vertel dat mense in die tent kan instap. “Op ’n manier verplaas dit jou nogal na ’n ander tyd.”

Binne-in die tent is ál die besittings wat mense saamgetrek het tussen die twee gebiede. Soms was dit ál hul besittings wat saamgegaan het.

As ’n mens by die museum gaan kuier, sal jy ook kan sien hoe vindingryk die trekboere was: Die koskassie pas presies in die wa, die katel se voete kan afgehaal word, die velkombers is ’n Afrikaner-skaap se vel, en die kruisvoettafel met sy los blad kan opgevou en op die wa se bodem gekarwei word.

Die museum is elke jaar in die blomtyd in Augustus en September vir die publiek oop. Die res van die jaar kan groepe bespreek by me. Aletta van der Westhuizen (076 781 8701), Elna (027 662 9847/1525 of 062 886 4047), of vra by ondernemings op die dorp – die museumspan maak ’n plan.

In dié twee maande word daar twee maal per week soetsuurdeegbrood in die twee klei-oonde op die perseel gebak. Bakbrood word met tuisgemaakte konfyt en kaas of kaiings bedien. Afval, lamskerrie en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo

Related