Weg! Ry & Sleep

Bosveldse kampoase

Die wêreld rondom Thabazimbi is bekend vir sy wildplase. Een van hulle is Lethabong-lodge, wat ’n klompie maande gelede geopen het. Wat die plek natuurlik meer besonders maak, is sy kampplek.

As ’n mens na ’n lugfoto van die oord kyk, is dit net bos... tot jy die blou kol in die middel met ’n groen rand rondom sien. Dit is Lethabong se waterpark met die netjiese grasperk – enige kind se droom. Daar’s glybane, swembaddens, ’n foefieslaaid en ’n hele paar watergange waar jy met ’n tjoep kan ronddryf. Lethabong het ook ’n reusespringkussing – iets tussen ’n trampolien en springkasteel. Die snoepwinkel, waar jy ook hout, houtskool en vuuraanstekers kan kry, is langsaan.

Die waterpark is oop van 09:00 tot 18:00 en toegang is gratis vir kampeerders.

Lethabong het 10 staanplekke, almal op ’n netjiese grasperk, met die naaste vier omtrent 40 m van die waterpark af. Die ander ses is nóg 40 m verder waar die grasperk eindig.

Elkeen van die staanplekke het sy eie badkamergeriewe. Dit word gehuisves in vyf geboue waarin twee badkamers vir die twee aangrensende staanplekke is. Daar’s ’n wasbak, toilet, stort en opwasgedeelte, en jy kry

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep4 min read
Tweede by Derde Brug
Ek en my vrou, Heike, besit African Footprints Tour Facilitator in Namibië en ek besoek Botswana al amper 20 jaar. Dit sluit in bestemmings soos die Moremi-reservaat, die Chobe- nasionale park en die Savuti tussen die bewareas. Dis fassinerend om die

Related