Weg!

NOORD-BOTSWANA

OKAVANGOPYPSTEEL

Dis maklik bereikbaar synde ’n (slegte) teerpad verby al dié plekke loop – jy kan dit met ’n 4x2 ry. Die pypsteel is die bekostigbaarste plek (maar jy’t ook luukse opsies) waar jy ’n proesel van die Okavango kan kry.

65 Xaro Lodge

Hierdie luukse tentlodge is naby Shakawe, en ’n puik voëlkykbestemming. Pryse begin by US$360 (R6 228) p.n. vir 2 mense, met ontbyt en aandete. Jy word per boot soontoe geneem.

00 267 72 807 476;

xaro-lodge.com

66 Shakawe River Lodge

Hierdie gewilde lodge en kampplek is naby die dorpie Shakawe en is onlangs opgeknap. Hier is 10 kampplekke en 10 chalets in die oewerwoud. 2022-tariewe: Chalet P950 (R1 273) p.p.p.n., met ontbyt. Kamp kos P200 (R268) p.p.; P100 (R134) per kind jonger as 12. Die lodge bied bootvaarte vanaf P200 (R268) per uur vir ’n minimum van 3 mense.

GPS S18.43384 E21.90567

00 267 75 373 920

info@shakawelodge.com

67 Askiesbos

Hierdie lekker plek is op die plaas Klipsop net noord van die Shakawe River Lodge. Hier is kampplek, 2 bostente op dekke en 3 riviertente op dekke. Kamp kos P150 (R201) p.p. en die tente vanaf P1 000 (R1340) p.n. vir 2 mense wat deel.

Maaltye beskikbaar teen ekstra koste. Jy kan ook ’n huisboot, die Delta Belle, bespreek. Dit kos P14 500 (R19 430) per dag op selfsorgbasis vir die hele boot (vir tot 10 mense), of P14 500 (R19 430) p.d. plus P550 (R737) p.p. per dag met als ingesluit (etes, brandstof, ens.).

Hulle bied ook bootvaarte, visvang, daguitstappies na die Tsodilo-heuwels en allerhande kultuurervarings in die distrik.

Die gemeenskap word betrek en ondersteun deur dié aktiwiteite.

GPS S18.42941 E21.89424

00 267 73 505 170

00 267 73 505 193 (Hettie)

samochimabushcamp.com

68 Drotsky’s Cabins

Hierdie klassieke Okavango-plek is ook naby Shakawe en gewild onder hengelaars én voëlkykers.

Chalet: P1 985 (R2 660) p.n. vir 2 mense. Maaltye beskikbaar teen ekstra koste. Kamp: P255 (R342) p.p.p.n., halfprys vir kinders jonger as 12 jaar oud. Kontak hulle direk vir pryse in rand.

GPS S18.41522 E21.88144

00 267 683 0226 (Piet);

drotskys.com

69 Nxamaseri Island Lodge

Dié lodge is op ’n eiland naby Ncamasere. Hulle fokus veral op vlieghengel. Kontak hulle vir tariewe.

GPS S18.63548 E22.04674 (afdraai)

00 267 680 1494;

desertdelta.com

70 Swamp Stop

’n Lekker plek, dié! Hier is kampplekke onder bome op die rivieroewer met water, krag en braaigeriewe. Kamp kos P178 (R239) p.p.; halfprys vir kinders jonger as 12. Saans is jou bure die seekoeie… (jy is nou baie ver van die Menlyn Mall, dis vir seker!)

En suite-kamers met lugversorging kos P1 050 (R1 407) p.n. vir 2 mense. Die en suite-safaritente wat oor die rivier uitkyk, kos P750 (R1 005) p.n. vir 2 mense. Die tariewe sluit BTW en die regeringsheffing uit. Die dek bokant die restaurant is net die plek om ontbyt te geniet en die rivier dop te hou.

Hier is ook ’n leefdeel en swembaddens. Swamp Stop bied bootritte en visvanguitstappies aan.

GPS S18.74633 E22.197934

00 267 72 610 071;

wampstop.co.bw;

Instagram: @swampstop

71 Nguma Island Lodge

Dis noord van die dorpie Etsha 13. Die lodge lê op die oewer van die Guma-lagune. Kamp kos P228,40 (R306) p.p.p.n. Safaritente vanaf P1 765 (R2 365) p.p., met ontbyt en aandete (geldig tot Desember 2022; sluit BTW en bedheffings in).

GPS S18.95396 E22.37329

00 267 73 560 120

ngumalodge.com

72 Guma Lagoon Camp

Draai by Etsha 13 van die A35-hoofpad af en volg die aanwysings na die kamp. In die vloedseisoen het jy ’n 4x4 nodig vir die laaste paar kilometer sand en water tot by die kamp, maar as jy ’n 4x2 ry, parkeer jy bloot jou voertuig onder veilige bewaking net buite

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg30 min read
Blyplek Noorde
BEKOSTIGBAAR (Sien bl. 13) Verskeie lodges en kampe in die noorde bied groot afslag aan in die hoogsomer (Januarie tot Maart, soms April). Dis dan vrekwarm en kan reën, maar jou beursie gaan baie daarvan hou as jy in dié maande toer. Die Kaokoveld en
Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg5 min read
Swakopmund
Wild Rocket Café is dié plek waar ek en my vriende mekaar graag vir ontbyt ontmoet. Dis in die dorpskern en hoewel modern steeds knus. Besoekers kan binne of buite sit, tussen potplante en lanterns. Oorweeg die Mexikaanse eggs benedict of die salmon

Related