![f0054-01](https://article-imgs.scribdassets.com/8vsjtrpl34aaje75/images/fileEZSWTHBV.jpg)
Ek was in 1988 die eerste keer in Maun: Ek en my man, Matthew Holt, het van Johannesburg na die Okavango geryloop. ’n Geleentheid het ons anderkant Francistown langs ’n pad afgelaai. Daar het ons langer as 24 uur gestaan en duimgooi voordat ’n overlander-trok ons na Maun geneem het.
In daardie dae was Maun nog soos ’n pioniersdorp. Dit was stowwerig en beskeie. Donkiekarre het met bakkies en safarivoertuie meegeding vir ’n plekkie op die ongeteerde paaie en reisigers, safarigidse en jagters het winkels se drumpels deurgetrap.
Die pad tussen Maun en Francistown is vroeg in die 1990’s geteer en dit het die toerismebedryf aangewakker. Sedertdien het Maun vinnig uitgebrei. Die dorp het vandag ’n hele rits aktiwiteite vir toeriste en genoeg verblyfopsies.
Hier is byderwetse kafees en restaurante