Weg!

Dumela, Sentraal!

Dis Maartmaand wanneer ek en die toerleier Phil van Wyk van Bhejane 4x4 Adventures by die Palm Afrique Lodge net suid van Ghanzi aankom. Dis hier waar ons die res van die toergroep ontmoet voordat ons agt dae lank in die Sentraal-Kalahari-wildreservaat kamp.

Dis ’n warm aand en ek sit langs die swembad en werk met die laaste bietjie Wi-Fi voordat ons die veld invaar. Ons gasvrou, Sonia de Villiers, kom vra of ek iets by die kroeg wil bestel, en ons knoop ’n geselsie aan.

“Covid-19 was maar moeilik vir almal van ons in die bedryf, en dis lekker om die voete weer te sien instroom,” vertel sy. Die reënseisoen is al amper verby, en hulle hou asem op.

“Ons hoop en bid maar dat daar nog ’n bietjie reën val voor die droë seisoen begin.”

Ek hoop saam met Sonia, maar heimlik wens ek dat die reën kan wag tot ná ons toer, want ’n nat Sentraal-Kalahari kan sorg vir uitdagende bestuurstoestande.

Teen slaaptyd is dit steeds bedompig, maar die sterre gooi flikkers en ek gooi nie my reënseil oor die tent nie. Omstreeks drieuur daardie oggend word Sonia se wense waar – en hóé! Donderslae knal skielik en met ’n kopliggie skarrel ek om my tent waterdig te maak voordat die sluise oopmaak.

Dit sou vir die volgende sewe dae élke dag reën, byna sonder ophou…

DAG 1 Lekhubu-vallei

Hoewel Phil reeds seweuur die oggend wou ry, moet ons noodgedwonge wag vir die gietende reën om te bedaar – uiteindelik val

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg30 min read
Blyplek Noorde
BEKOSTIGBAAR (Sien bl. 13) Verskeie lodges en kampe in die noorde bied groot afslag aan in die hoogsomer (Januarie tot Maart, soms April). Dis dan vrekwarm en kan reën, maar jou beursie gaan baie daarvan hou as jy in dié maande toer. Die Kaokoveld en
Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg5 min read
Swakopmund
Wild Rocket Café is dié plek waar ek en my vriende mekaar graag vir ontbyt ontmoet. Dis in die dorpskern en hoewel modern steeds knus. Besoekers kan binne of buite sit, tussen potplante en lanterns. Oorweeg die Mexikaanse eggs benedict of die salmon

Related