Weg!

Donderweer en dors leeus

Ons kampvuurtjie knetter alte lekker. Doer in die weste versamel donderwolke in die skemerlig. Dis Februarie, die hoogtepunt van die reënseisoen.

’n Ligte bries waai deur ons staanplek by Rooiputs. ’n Jakkals roep. Ek loer oor my skouer of ek kan uitpluis waar die geluid vandaan kom. Ná ’n paar weke aan die Suid-Afrikaanse kant van die Kgalagadioorgrenspark kamp ek en my lewensmaat, Steph Perrin, nou in die Botswana-kant, waar die kampplekke nie omhein is nie. Opwindend maar ook senutergend…

Die jakkals kom aangedraf. Dis ’n wyfie. Sy kyk vir ons asof sy vra: Hei, hoekom het julle nog nie gebraai nie?

Ons is dankbaar om uiteindelik aan die “wilde” kant van die park te wees. Watse avonture gaan dié woestynlandskap oor die volgende paar dae oplewer, wonder ek terwyl mev. Jakkals wegsluip.

Rustig by Rooiputs

Besprekings vir die Botswana-kant van die park is meer ingewikkeld as aan die Suid-Afrikaanse kant. Ons was gelukkig om ’n paar nagte by Rooiputs en Two Rivers te kry. Rooiputs is sowat 24 km van die hoofingang by Twee Rivieren, langs die roete noordwaarts na Nossob.

Dis ’n basiese kampplek met ses staanplekke, elk met ’n A-raam-skuiling. Ons bly twee nagte by no. 5 (besprekingskode: KT-ROI-5) en twee nagte by no. 1 (KT-ROI-1). Lopende water is ’n luukse by die Botswana-kampplekke en by Rooiputs kon ons koud stort ná ’n lang, warm dag.

Ons maak ons eie warm water met ’n eenvoudige emmerstelsel: Kook ’n ketel water op die vuur, skink in ’n emmer en gooi koue water by totdat die temperatuur reg is.

Die Rooiputs Lodge is naby die kampplek, en ander kampeerders

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg30 min read
Blyplek Noorde
BEKOSTIGBAAR (Sien bl. 13) Verskeie lodges en kampe in die noorde bied groot afslag aan in die hoogsomer (Januarie tot Maart, soms April). Dis dan vrekwarm en kan reën, maar jou beursie gaan baie daarvan hou as jy in dié maande toer. Die Kaokoveld en
Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg5 min read
Swakopmund
Wild Rocket Café is dié plek waar ek en my vriende mekaar graag vir ontbyt ontmoet. Dis in die dorpskern en hoewel modern steeds knus. Besoekers kan binne of buite sit, tussen potplante en lanterns. Oorweeg die Mexikaanse eggs benedict of die salmon

Related