![f0068-01](https://article-imgs.scribdassets.com/1ve0bcyptsaarzaj/images/fileEX6QWQ9K.jpg)
Gedurende die afgelope paar maande het ons Tentco se boogtent-reeks onder die loep geneem. Ons het begin met die intreevlak Savannah-reeks, wat met ‘n beginprys van slegs R3 110 ‘n baie bekostigbare opsie vir diegene met ‘n knap begroting is. Ten spyte van die prys is hierdie steeds ‘n goeie kwaliteit produk, alhoewel dit nie oor sommige van die luukses wat op die duurder opsies beskikbaar is beskik nie.
Na die Savannah het ons Tentco se gewildste boogtente, die Junior en Senior Wanderer, bekyk. Met ‘n prys van R4 320 vir die Junior en R5 120 vir die Senior, bied hierdie reeks waarskynlik die