Avontuur Afrika

Probeer is die beste geweer

Nadat ons ‘n tweedehandse Land Rover Defender Td5 gekoop het, het ons as groentjies die landreiswêreld betree en om ‘n gevoel daarvoor te kry, ‘n paar kampuitstappies na die Nasionale Krugerwildtuin aangepak. Ons was destyds op ‘n taamlike knap begroting en het hard gewerk in ons besighede en so, na elke reis, sou ons uitvind wat ons nodig het om ons Landy te verbeter. Kort voor lank het ons groter avonture onderneem, na plekke soos die Makgadikgadi-en Nxai-panne in Botswana, die Kgalagadi en Sossusvlei en die weskus van Namibië. Ons het ‘n tweedehandse Howling Moon-daktent gehad en ons sou vir drie of vier nagte in die bos kamp voordat Donna op meer formele verblyf – vir ‘n ordentlike stort en ‘n blaaskans – sou aandring.

Hierdie reise het stadig maar seker langer en langer geword en op pad terug huis toe na ‘n besoek aan Namibië, het ek die onderwerp van ‘n droomreis aangeroer. Aangesien ek haar voorheen oortuig het om op Harley-Davidson motorfietse deur die land te ry (sy het in haar 40‘s geleer om hiervoor motorfiets te ry!) en die Middellandse See in ‘n erg gehawende 50-jaar-oue seiljag te trotseer, het ek verwag dat Donna my voorstel summier sou afskiet. Tot my verbasing het sy egter net gevra of dit moontlik sou wees om tot by haar ouers in Skotland te ry. Ek het eers gedink sy maak ‘n grap, maar toe ek besef het dat sy ernstig was, het ek hierdie geleentheid met albei hande aangegryp.

Ons het ‘n rukkie daaroor gesels en sy het skielik uitgeroep: “Hoekom ry ons nie van Dundee na Dundee nie?” Ek het gevra wanneer en sy het geantwoord: “Presies ‘n jaar van nou af.” En dit was dit… Dundee 2 Dundee het ‘n werklikheid geword. Die volgende jaar het verby gevlieg en voor ons ons oë kon uitvee, was dit sulke tyd.

Merke, gereed, gaan

Om heeltemal eerlik te wees, het ons

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika1 min read
TEKEN IN & WEN
‘n Toer saam met Ultimate Adventures na die Richtersveld Nasionale Park in die Noord-Kaap, met die laaste nag by die Augrabieswaterval Nasionale Park. Geleë in Suid-Afrika se noordelike Namakwaland, is die Richtersveld ‘n bergagtige woestynlandskap w
Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens
Avontuur Afrika3 min read
‘N Ougat Huisie Op Wiele
Die Suzuki Eeco is in 2023 op die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel en dit was ‘n onmiddellike gunsteling by besighede wat na ‘n klein karweiertjie en daaglikse ryding op soek was. Die manne by Suzuki SA het egter met die blink gedagte vorendag geko

Related Books & Audiobooks