SA Hunter/Jagter

SUKSES OP DIE SPRINGBOKVLAKTE

Die pandemie het weereens ons skietplanne vir die jaar gesaboteer, en soos die derde Covid-golf stoom opgebou het, is een voëljag ná die ander eers uitgestel en later afgestel. Die seisoen het einde se kant toe gesnel en al skietgeleentheid wat ek tot dusver vir die jaar bygewoon het, was ’n tarentaaljag begin Mei.

Ek het Jaco, my jare lange skietvriend, gekontak en gevra om by sy neef Maritz, wat in die Settlers-omgewing boer, te hoor of ons nie ’n bepaalde Saterdag op sy plaas kon kom skiet nie. Ons was egter baie teleurgesteld om te hoor dat die Springbokvlakte-boerevereniging se tarentaaljag op dieselfde Saterdag sou plaasvind. Die jag was vir vroeër die jaar geskeduleer, maar is weens die Covid-pandemie uitgestel. Jaco se neef dien as gids vir dié jag en sy dienste sowel as sy plaas was dus dié dag

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter4 min read
Pierre Se Herlaaitafelf Patroondoppe – Deel II
Die doel van hierdie reeks intreebesprekings oor die herlaai van patrone is om konsepte eerder as tegnieke te bespreek. Soos genoem in die vorige artikel, word drie tegnieke normaalweg gebruik om dopeenvormigheid te bepaal, naamlik volgens: • nekwand
SA Hunter/Jagter3 min read
Kry Die Afstand Met ROARK PRECISION OPTICS Se LEGACY 10x42
Verkykers met ingeboude afstandmeters is produkte wat al dekades vir die skietpubliek beskikbaar is. As produk het dit ’n militêre ontstaan gehad. Die eerste sulke verkyker/afstandmeter-kombinasies is in die 1980’s aan NAVO se kompaniebevelvoerders u
SA Hunter/Jagter8 min read
Ammunisie: Wat Om Te Doen En Wat Nie!
Ek was al meermale stomgeslaan deur die mate van naïwiteit en selfs argeloosheid waarmee sommige jagters hulle jagammunisie hanteer. As ons vir ’n oomblik in gedagte hou dat dit aan die einde van die dag die koeël is wat die harde werk doen, behoort

Related Books & Audiobooks