Landbouweekblad

Die goeie kant van wyn

Wyle Elspeth Jack was nie net ’n begaafde musikant nie, maar sy was ook oortuig van die krag van musiek om mense te genees. Toe sy dus in 1999 na haar seun, wynmaker Bruce Jack, se plaas in die Overbergse hoogland digby Napier trek, het sy haar passie vir musiek met haar belangstelling in mense gekombineer en gratis vir talentvolle plaaskinders begin musieklesse gee.

“Baie van daardie kinders werk nou as musikante reg oor Suid-Afrika. Sy laat dus ’n ongelooflike nalatenskap. Sy was ’n briljante musiekonderwyser,” het Bruce tydens Cape Wine, ’n wynhandelskou in Kaapstad, vertel.

Elspeth se goeie werk het hom begeester om geld in te samel om musiekonderrig en
-lesse vir skoolkinders moontlik te maak. Die projek heet The Headstart Music Trust en 350 kinders uit vyf verskillende Overbergse skole word weekliks aan die wonder van musiek blootgestel.

“Dit was ’n merkwaardige reis tot dusver,” sê hy en vertel trots dat hulle volgende jaar ook vyf mobiele musiekskole gaan bekend stel wat jong kinders op die plase gaan bereik. Die trust word gefinansier deur ’n deel van die opbrengs van elke bottel Bruce Jack Wines wat verkoop word, asook deur skenkings van oorsee.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo

Related