![f0055-01](https://article-imgs.scribdassets.com/616z9pbcqoaem0po/images/fileOI6QC2X1.jpg)
JY KAN nie jou vinger daarop lê nie, maar jou kind tree deesdae anders op. Stiller, meer buierig of huilerig. Klouerig of meer afgesonder. Bang of bekommerd. Dalk opstandig.
Kan dit wees dat jou seun angstig voel? Of dat iets aan jou dogter se binneste vreet?
Jy weet jy moet met jou kind daaroor praat, maar hoe? En hoe bied jy vertroosting as jy self oor jou kind angstig voel?
Angs is ’n normale menslike emosie wat ons waarsku iets skort waaraan ons aandag moet gee, sê Magdel Pretorius, ’n sielkundige van die Vaaldriehoek. Almal voel soms angstig, maar dis nie noodwendig ’n aanduiding van ’n angssteuring nie. Dié toestand word eers gediagnoseer wanneer dit iemand se daaglikse funksionering oor ’n geruime tydperk aantas. Kliniese angs kan by kinders gediagnoseer word wanneer dit met hul persoonlike, sosiale en skoollewe inmeng of langer duur. As jy vermoed jou kind ly daaraan, moet jy professionele hulp by ’n kindersielkundige kry.
Maar hoe maak jy as jy vermoed jou kind gaan deur troebel waters en jy wil hulle help om