Huisgenoot

WANNEER jou KIND STRES

’NMENS se kinderjare is altyd vol uitdagings – die eerste dag in die groot skool, daardie pynlike dag waarop jou eerste hoërskoolliefde jou afsê, om oorgewig en uit te voel, die eksamenvrees…

Maar navorsing wys vandag se kinders is nog meer gestres as ooit tevore – en soms is dit selfs die gevolg van hul ouers se stres.

Ouers wat gedurig stres ervaar, kan die gesinsdinamika versteur. Volgens studies kan ouers se stres ’n negatiewe impak op kinders hê.

Die Amerikaanse vaktydskrif Psychology Today berig ouers se angstigheid en stres in die huishouding is al direk verbind met hulkindersseemosioneleprobleme, insluitend angstigheid, gedragskwessies, aggressie en depressie.

“Kinders kan inderdaad nes volwassenes stres ervaar,” sê dr. Judy Jaye, ’n terapeut en stresbestuurberader van Johannesburg. Hulle stres dalk meer omdat hulle minder toegerus is om dit te hanteer.

“Selfs kinders wat pas begin skoolgaan het, het deesdae hoër stresvlakke.

“Ouers is meer gestres as ooit tevore en dit syfer deur na hul kinders. Kinders ervaar ook meer groepsdruk om die beste selfone, toestelle en ontwerpersklere te hê. Afknouery is ook ’n groot bron van stres.”

Kenners glo stres weens die negatiewe impak van die covid-19-pandemie en inperking het ook gelei tot

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot4 min read
Weer: Voorspellings En Patrone
DIE weer het op baie maniere ’n invloed op ons lewe. Sommige daarvan is klein – dit kan bepaal wat ons aantrek vir die dag, en of ons Sondag kan braai. En sommige daarvan is groot – ’n droogte kan vernietigend vir ’n boer wees, en ekstreme weer soos
Huisgenoot1 min read
Hallo, Superman!
HY HET groot skoene – en ’n groot pak – om te vul, maar DAVID CORENSWET is slaggereed vir die uitdaging as die nuwe akteur wat Superman speel. David en sy medester Rachel Brosnahan, wat Lois Lane speel, is op die stel van Superman: Legacy opgemerk. A
Huisgenoot3 min read
Op Ons Speellys
As kind het sy altyd gekyk hoe haar ouers die plek aan die brand dans terwyl hulle liefdevol in mekaar se oë staar. “Ons hele familie hou van dans. Dans maak my gelukkig. En as ’n man kan langarm soos my pa, is dit nog beter!” Aan die woord is die sa

Related