Huisgenoot

’n WEGSPRINGPLEK om persoonlikhede te verstaan

NUTTIGE HULPMIDDEL

Die enneagram is ’n handige instrument wat jou insig gee in mense se unieke persoonlikhede. Dit kan jou help om hul gedrag, watter dinge vir hulle belangrik is en waarmee hulle sukkel beter te verstaan. Dit is egter baie belangrik om nié jou kind daarvolgens te etiketteer nie. Jou kind is nog besig om te ontwikkel en hul persoonlikheid kan nog baie verander.

WAT IS DIE ENNEAGRAM?

DIE enneagram is ’n denkinstrument wat ons kan help om die eienskappe van verskillende persoonlikheidstipes te begin verstaan.

“‘Enneagram’ is ’n Griekse woord,” sê Michelle Bennetts, ’n afrigter-fasiliteerder asook enneagramspesialis by Skillset en geakkrediteerde praktisyn van die Integrative Enneagram.

“Ennea” beteken “nege” – en verwys na die nege persoonlikheidstipes wat daar volgens hierdie spesifieke denkinstrument bestaan. “Gram” verwys bloot na die diagram waarop dié nege persoonlikheidstipes meestal geteken word.

Volgens Michelle kan die enneagram ons help om die kernmotiverings van ons gedrag te begin verstaan. Dit kan ons ook help begryp hoekom iemand moontlik optree soos wat hulle optree.

Volgens voorstanders van hierdie denkinstrument kan elke mens se persoonlikheid gekenmerk word deur eienskappe van een van die nege tipes wat op die enneagram aangedui word, maar ongeag watter een van die nege jou primêre tipe is, sal jy ook eienskappe van die ander agt in jouself oplet.

“Die doel van die enneagram is om te leer hoe om onsgedragspatrone te herken, en hoe om elk van die persoonlikheidstipes te help om te groei, aangesien elke tipe sy eie sterkpunte en gawes het wat die gehalte van ons lewe en verhoudings verbeter,” sê sy.

Die enneagram

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Mamma Mia, Dís Nou ’n Láng Asem!
106 vertonings, sjoe … Hoe voel dit om so ’n mylpaal te bereik? Dis nogal groot! Ek het aanvanklik geen idee gehad dat ons ooit daar sou uitkom nie. Dis ’n wonderlike gevoel. Deel met ons van die onvergeetlike oomblikke. Daar was soveel spesiale oomb
Huisgenoot13 min read
As Jy Dood Wakker Word
PASIËNT Een was 24 jaar oud en swanger met haar derde kind toe die masjiene wat haar aan die lewe gehou het, afgeskakel is. Dit was in 2014. ’n Paar jaar vroeër is ’n kwaal by haar gediagnoseer wat tot ’n ongereelde hartklop lei. Gedurende haar vorig
Huisgenoot9 min read
Twee Bondels Vreugde, Jakkals En Wolf
’N MENS ken hom as ’n wêreldreisiger wat nie maklik vir ’n nuwe uitdaging terugdeins nie – of dit nou is om met ’n stapstok in die hand, laphoed op die kop en rugsak die Camino de Santiago-pelgrimstog in Spanje aan te durf, deur Frankryk se bergpasse

Related