Weg! Ry & Sleep

Tyd vir rus

Twee geesdriftige kampeerders se jare lange droom om ’n woonwapark te besit is uiteindelik bewaarheid. Hendrik en Hermi Groenewald sê die saadjie is verlede jaar geplant nadat hulle 13 km buite Modimolle in die Waterberg ’n lappie grond van 25 ha grond gekoop het.

Hulle het dadelik ingespring en besluit om die ontwikkeling in fases aan te pak, met die staanplekke, badkamers en swembad eerste aan die beurt.

Sebenza Creek se swembad is teen die voet van ’n koppie, en die water kan met ’n donkie verhit word.

Die lang badkamergebou is links van die swembad. Daar’s afsonderlike geriewe vir mans en vroue – elke kant het ’n bad en storte. Die opwasplek vir skottelgoed en klere is in die vertrek tussen die twee, en elektriese geisers sorg vir warm water.

Die staanplekke is anderkant die badkamers. Hier is 38 kragpunte (die blou prop) met krane lukraak. Die staanplekke is nie afgebaken nie; jy kies bloot jou stukkie koelte waar jy wil

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep4 min read
Tweede by Derde Brug
Ek en my vrou, Heike, besit African Footprints Tour Facilitator in Namibië en ek besoek Botswana al amper 20 jaar. Dit sluit in bestemmings soos die Moremi-reservaat, die Chobe- nasionale park en die Savuti tussen die bewareas. Dis fassinerend om die

Related