Weg! Ry & Sleep

41 jaar en g’n einde

Ek wil graag die lof besing van ons 1981 Sprite Sport wat ons in 1983 gekoop het. Hy is voorheen net twee keer gebruik, en die koopprys van R5 000 was nie veel minder as dié van ’n nuwe woonwa nie. Die eerste twee jaar het ek die wa as blyplek in Namakwaland gebruik waar ek besig was met konstruksiewerk.

Sedert 1985 het ons met ons drie kinders gereeld die wa vir vakansies gebruik.

Wanneer ons nie die Sprite gebruik nie, staan hy onderdak. Om hom tuis uit sy staanplek te stoot is daar ’n skotige opdraande. Met die hulp van ons eie eenvoudige oplossing kan ek die wa sonder moeite op my eie hanteer. Ons tuisgemaakte “skuiwers” is twee houtblokke wat met tou weerskante voor elke wiel vasgehaak word. Wanneer jy die wa agtertoe stoot, sleep die blok saam. As die wa dalk vorentoe loop, wig die blok voor die wiel in.

Deur die trekstang om die beurt links en regs te beweeg loop jy dus met die woonwa agteruit en stuur hom waar jy hom

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
My Vierde Kind
Wessel het jare lank ’n Land Rover Defender 300 TDi besit, maar dit het 12 jaar terug verander toe hy by ’n winkelsentrum in Rustenburg die bakkie raaksien waarna hy al soveel jare gesoek het. Kyk, ’n mens krap nie sommer ’n Defender 130 TD5 agter el
Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep6 min read
In Die Knyp!
Die vulsel vir hierdie pastei word tuis berei, plat soos ’n pannekoek gemaak in ’n Ziplocksakkie, en dan gevries. Dit maak pasteimaak by jou bestemming so maklik soos ontdooi, vou en braai! (genoeg vir 6) • 1 groot ui, fyngekap• 2 vet wortels, ges

Related