Weg! Ry & Sleep

Die rivier wat vrylik gee

Antieke wêreldkaarte, soos die Cantino-kaart wat uit 1502 dateer, het nie net fabelagtige kreature soos meerminne uitgebeeld nie, maar ook allerlei fiktiewe plekke. Europeërs het byvoorbeeld geglo daar’s ’n groot rivier aan die westekant van Suider-Afrika wat van noord na suid loop. Dié denkbeeldige rivier het bekend gestaan as die Vigiti Magna – Latyns vir “groot mag” – en hy’t sy naam gekry lánk voordat ’n wit mens ooit die rivier onder oë gehad het. Op die oewer van die Vigiti Magna het ’n mitiese goudstad met dieselfde naam blykbaar gestaan. Die veronderstelling was deels gegrond op stories wat Arabiese handelaars – wat sedert die agste eeu reeds met Afrika handel gedryf het – aan Europeërs vertel het.

Laai jou visstok en ry styf teenaan Suider-Afrika se langste rivier, van sy oorsprong tot by sy monding. Hier gaan ons!

Ons reis begin by die bopunt van die Sanipas, die naashoogste bergpas in Suid-Afrika. Jy kon gisteraand nesskop by een van drie blyplekke: die Sani Mountain-lodge (bekend vir die hoogste kroeg in Afrika), die Sani Top-backpackers met ’n klein kampterrein (hier is slegs twee braaiplekke) en Masoba-Soba-lodge, ook met ’n aangename kampplek.

Vanoggend waai daar ’n skril windjie oor die hange van die Drakensberg. Jy moet liefs nie later as 07:00 vertrek nie, want ’n lang dag lê vir ons voor. Ry met die oggendson in jou truspieëltjie en volg die A14-teerpad oor die Koti Se Phola-pas (364 m hoër as die Sanipas) tot op die dorp Mokhotlong – ’n afstand van 53 km wat ’n uur en ’n half neem om af te lê.

Mokhotlong – dié Sothonaam beteken “plek van die kalkoenibis” – het geen straataanwysers nie; jy volg die hoofstraat tot 150 m vóór die Puma-vulstasie waar jy links draai op ’n voosgeryde teerpad wat jou mettertyd verby die dorp se vliegveld neem. Die teerpad raak grondpad op die dorp se buiterand en kronkel vir die volgende 40 km langs die Senqurivier die berge in. Senqu is die Sotho’s se naam vir die Oranjerivier en dit beteken “Swartrivier”.

Die grondpad is plek-plek erg verspoel en jy gaan beslis viertrek moet inhaak. Die Jeep Gladiator waarmee ons toer, het Fox-vering en 35 duim-modderbande wat fynhout maak van die verspoelings (lees gerus ons ry-indruk op bl. 88), maar ’n gewone bakkie gaan waarskynlik effens meer sukkel.

Die padoppervlak raak wel beter hoe verder jy van Mokhotlong af wegkom. By die nedersetting Thanyaku ry jy deur ’n rivier met dieselfde naam, en kort anderkant Thanyaku se landingstrook draai jy links, dieper die berge in. > Ons volg nou ’n tweespoorpaadjie vir 3 km tot waar jy deur die smal boloop van die Oranjerivier ry. Die tweespoor loop nóg verder die berge in, deur swart modder met die tekstuur van wondergom, maar hy neem jou verder van die rivier af weg, en daarom is dit

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
My Vierde Kind
Wessel het jare lank ’n Land Rover Defender 300 TDi besit, maar dit het 12 jaar terug verander toe hy by ’n winkelsentrum in Rustenburg die bakkie raaksien waarna hy al soveel jare gesoek het. Kyk, ’n mens krap nie sommer ’n Defender 130 TD5 agter el
Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep6 min read
In Die Knyp!
Die vulsel vir hierdie pastei word tuis berei, plat soos ’n pannekoek gemaak in ’n Ziplocksakkie, en dan gevries. Dit maak pasteimaak by jou bestemming so maklik soos ontdooi, vou en braai! (genoeg vir 6) • 1 groot ui, fyngekap• 2 vet wortels, ges

Related