Weg!

Te kus en keur op Kosibaai

Kosi Bay Lodge

Karin Joubert, mede-eienaar

Die meeste van die lodges word deur hulle eienaars bestuur, en dit maak ’n groot verskil. Ek en my man, Neels, is van Johannesburg – ek is ’n afgetrede onderwyseres en Neels is in die boubedryf. Ons het hierdie eiendom reeds in die vroeë 1990’s gekoop; toe was hier nog niks in die omgewing nie.

Toe ons begin bou, het ons in ’n weermagtent gebly. Op ’n dag het ’n jong seun, Enoch Mabusa, hier aangekom en gesê hy sal die tent oppas wanneer ons weg is. Enoch werk vandag nog in ons ontvangskantoor! Net soos die meeste van ons ander personeellede het hy in die omgewing grootgeword – hulle huise is waarskynlik in ’n radius van 2 km van die lodge. Dis mense wat regtig puik werk lewer. Hoe jy jou kliënte hanteer, is eerste prioriteit, en hulle weet dit. G’n wonder die personeel kry bykans altyd tien uit tien in aanlyn resensies nie!

Ek is al ses jaar permanent hier. Neels se bouwerk in Mosambiek het hom vroeër hierheen gebring. Hy was meer hier as in Johannesburg. Maar toe die kinders almal klaar is met skool, het ek ook permanent Kosibaai toe geskuif. Ons het drie seuns. Een is in nog Johannesburg, maar die ander twee werk ook hier.

Ek het gedink ek gaan kom aftree, maar nou werk ek meer as tevore! Maar die leefstyl is rustiger en goedkoper. Hier is geen luukses soos ’n Woolies nie; dus moet jy soms vir ’n week of wat sonder kersietamaties klaarkom.

Die mark het verander – Manguzi brei vreeslik uit en ons kry deur die week baie sakemense. Dís wat ons anders maak as ander lodges: Ons fokus nie net op vakansiegangers nie. Dit help om die beddens ook tydens die stiller maande vol te hou.

Dis bevredigend om met gaste te werk. In Johannesburg sien ander mense jou skaars raak, maar hier het jy interaksie met ander, en jy sien hoe die mense hulleself geniet.

Ek is gelukkiger hier. In Johannesburg moet jy elke dag in jou kar klim en iewers heen ry as jy énigiets wil doen. Hier klim ek soms vir twee weke nie een keer in my kar nie! En wanneer ek vroeg soggens op my dek sit en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg2 min read
Ontdek Die Verste Uithoeke Van Namibië
In Namibië voel dit dikwels asof jy die eerste mens is wat deur ’n landskap reis; verplaas na ’n ander, ongerepte era. As dit nog altyd op jou wenslys was om dié verafgeleë dele van ons buurland te ontdek is dié Kunenestreekfotografietoer vir jou. Do
Weg3 min read
Só Werk Die Gids
Dié tariewe is tans: Vir SAOG-lede: R100 p.p., R50 per kind jonger as 16 jaar en vanaf R50 per voertuig in die |Ai|Ais-, Etosha-, Namib-Naukluft-, Dorob-, Waterbergplato- en Skedelkus- nasionale park, Sperrgebiet en die Kaap Kruis-reservaat. Vir die

Related