Landbouweekblad

SENUWEES VAN STAAL

Niks gebeur stadig waar mnr. Jacques Taylor betrokke is nie. Dit beteken egter nie oorhaastig nie, en alles wentel om volhoubaarheid – nie net van ’n besigheid nie, maar ook van die landbou.

Om een van die grootste plaaslike landbou-en-boutoerustingmaatskappye te bestuur, verg ’n kristalhelder toekomsvisie en ’n bereidwilligheid om die verskillende spanne die nodige ruimte te gee. Landbouweekblad het Taylor oor sy werk en toekomsvisie uitgevra.

Met struikelblokke reg oor die wêreld, hoe lyk die situasie tans vir landboutoerustingmaatskappye?

Dit is algemene kennis dat die meeste werktuigmaatskappye probleme met voorsiening het. Net vir konteks, ons het op ’n jaargrondslag reusegroei in die vraag na landboutoerusting gesien. Die vraag was sterker as wat voorsien kon word, selfs sonder die huidige logistieke kwessies. Terselfdertyd is logistiek en voorsiening onder druk, maar volumes is baie hoog. Ek sou baie meer bekommerd gewees het as ons nie ons historiese volumes ingekry het nie.

Wat is jou visie vir CNH Industrial die komende vyf jaar?

Die missie by CNH Industrial sluit aan by die strategie vir die maatskappy. Ons strategie wentel grootliks rondom die volhoubaarheid van die landbou. Dit sluit in die winsgewendheid van die landbou, die voetspoor op jou omgewing en die landbou se sosiale lisensie. Met sosiale lisensie bedoel ek dat die verbruiker wil weet waar sy of haar produkte vandaan kom en die verbintenis van die landbou daartoe. Ons wil maniere vind om ’n rol hierin te speel.

Die tweede deel is die tegnologiegesprek.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Karooboorling Kom Via Australië Kaap Toe
Dit is nie ongewoon dat Suid-Afrikaners wat na die buiteland uitgewyk het, terugkom nie, maar dit gebeur nie sommer dat diegene wat in ’n ander land gaan boer het, terugkeer nie. Adriaan en Margareth Frick, hul seun en dogter, Pieter en Lia, het die
Landbouweekblad2 min read
In ’n blik
Die Kougadam het begin Junie vir die tweede keer sedert einde September 2023 oorgeloop ná wydverspreide reën in sy opvangsgebied. Die dam het verlede September vir die eerste keer sedert 2015 oorgeloop ná ’n langdurige droogte in die opvangsgebiede.
Landbouweekblad2 min read
Stof Tot Nadenke
TOT dusver vanjaar het speenkalfprysbewegings ’n korrelasie van 99% met die speenkalfpryse van 2018 getoon, hoewel die pryse wat aangeteken is gemiddeld 7% laer as die gemiddelde prys in 2018 is. Dr. Johnny van der Merwe, direkteur van AMT, sê die af

Related