Idees

STORIELAPPE

Op ’n Pinterest-borduurgroep verduidelik ’n anonieme wyse mens waarom sloerborduurwerk my kalmeer. ‘Dit is die ritme van die naald wat gare deur die vesel van die materiaal ryg wat ’n mens tot bedaring bring. Dis soos musiek vir die siel.’

As ek moet raai, sal die musiekweergawe van sloerborduurwerk gelyk wees aan Erik Satie se Gymnopédies. Strelende akkoorde, stadige tempo. ’n Meditatiewe melodie wat ’n pasmaat is vir agtersteek, splitsteek, satynsteek, die Franse knoop, kettingsteek en veersteek.

Stitching Together (stitchingtogether.net), ’n Britse groep wat navorsers, projekleiers, kunstenaars en entoesiaste byeenbring om dialoog te bevorder oor die voordele om sáám met die hand naaldwerk te doen, het in 2020 ’n kragtige boodskap die wêreld ingestuur. Hulle het borduurwerk as genesende terapie ingespan in ’n studie, ‘Vrede’, in Latyns-Amerika.

Een van die voormalige kindersoldate van die ontbinde bloeddorstige Colombiaanse rebellegroep Farc wat aan die studie deelgeneem het, se naam was Edwin. Hy kon enigiets wat hy wou op ’n lap borduur. ‘Ek is ’n mens. Ek het ook liefde in my hart,’ was sy boodskap. Daarnaas het hy ’n biologiese skets van die menslike hart geborduur. (Die groep het na bewering oor twee dekades heen meer as 18 000 kinders geforseer om aan die bloedige gevegte deel te neem.)

Die uitkoms van die studie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees1 min read
Ietsie Speels
WENK: Gebruik sigsagsteek om te keer dat die rand rafel. BLOMKOMBERS PATROON EN STEEKGIDS LINNEROK 1 blokkie = 1 × 1 cm Kleremakersgrafiekpapier kan bestel word by marweya@ideasfactory.co.za.
Idees4 min read
Huiswaarts
Die professionele sjef Paula Nel is hopeloos te diskreet om uit te lap wie haar bekende kliënte is, maar onder hulle tel van die wêreld se voorste media-, musiek- en rolprentmense. Paula bring tot drie maande op 'n slag op haar grootste kliënt se luu
Idees1 min read
Mooi Bewaar
♥ gunstelingfoto's ♥ verskillende stukkies bypassende lint ♥ handwerkgom ♥ skêr ♥ fotoalbum of mooi raam

Related