Idees

OP JOU LEESLYS

KOS

DAAR’S ’N VEGAN OP MY VERANDAH

LOUIS JANSEN VAN VUUREN EN ISABELLA NIEHAUS (R450)

Twee vriende ontmoet vir dié ode aan die vegan-leefstyl: Een ’n skilder wat weens artritis nie meer ’n kwas kon vashou nie maar wie se lewe handomkeer verander het, die ander een wat alles regmaak met room, botter, konfyt en brandewyn maar tog ’n voorliefde vir ‘skoon’ kos het. Saam wys hulle, met meer as 90 resepte, dis die heel maklikste ding op aarde om ’n vegan te wees. Met hoofstukke soos Onmisbare staatmakers, Brood en handevat, Slaai en groenigheid, Hoofmaal is koningskos, Jêms en soetgoed, en Koeke en die blou uur ontdek mens hoe skeppend en voedsaam jy kan kook, en dit hoef nie, móét nie peperduur wees nie.

ALEIT APTEIT

ALEIT SWANEPOEL (PENGUIN, R380)

’n Boek vol stories van die geliefde Aleit Swanepoel. Kom reis en kook saam, met 50 resepte nie’. Deel sy hartskos ‒ veral sy Sondagmiddagetes, nes sy ma kon. Dit was spesiaal vir hom, en hy wou dit met sy mense deel. Hy het aande gesit en skryf, en dit dan baie opgewonde aan sy span gestuur en gesê: ‘Julle! Ek het nog ’n storie!’ ’n Hoofstuk van sy nalatenskap en hoe hy altyd in mense se hart, kombuis en lewe kan voortleef.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees6 min read
Knus Teen Die Koue
K–M–G–XG–XXG–XXXG ♥ Drops Soft Tweed van Garnstudio: 300 (350; 350; 400; 450; 500) g in kleur 02 Marzipan ♥ Drops Kid-Silk van Garnstudio: 100 (100; 125; 125; 150; 150) g in kleur 40 Pink Pearl ♥ Drops Kid-Silk van Garnstudio: 100 (100; 125; 125; 150
Idees2 min read
Onthou Om Te Onthou
MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik BORDUURTYD: 6-7 uur ♥ ou swart-en-wit poskaarte of ander prente op materiaal gedruk ♥ borduurgare in die kleure van jou keuse ♥ borduurnaald ♥ borduurring ♥ skerp skêrtjie Verskillende borduursteke kan gebruik word om kleur
Idees2 min read
My Ouma In Kaneel
✽ My ma het my al baie vertel hoe arm hulle grootgeword het, maar dat daar altyd 'n oorvloed van liefde en kos in hulle huis was. Dit is presies hoe ek my ouma Bessie onthou … haar hart en haar huis was altyd oop vir almal en haar koekblikke vol van

Related